Erkenning

Note: portions of the website might only be available in Afrikaans.

By elkeen van my musiekmotiveringsprogramme vra ek die organiseerder om vir my 'n dame te nomineer aan wie ons erkenning kan gee. Dit is gewoonlik die besigheidsvrou of die sportvrou of selfs 'n "celebrity" wat vereer word vir hulle prestasies.

Maar wat van die baie gewone vroue wat net in die stilligheid hulle buitengewone omstandighede oorkom. Ek meen hulle verdien ook om erken te word vir die manier hoe hulle oorkom.

Ek glo dat herdie erkenning ook as voorbeeld en motivering dien vir die res van ons. Dit spoor my aan om ook my
omstandighede te oorkom.