Annetjie Harmse

I met this phenominal woman in Polokwane last year when I presented my programme and gave her recognition for the amazing way she handled her very difficult life.

She has written her story for us to be inspired by - it really sounds like a movie. Impossible to be true.
But this Lady is an overcomer and her trust in God is evident.

She says if only one person can benefit from her mistakes, everything that happened to her was worthwhile. She is an inspioration to me and sharing her story has been a healing process for herself, but I am sure for every one that will identify with her story.

Thank you Annetjie, beautiful Lady!

(Annetjie shares her story in Afrikaans)

My Verhaal

Ek is op die 2de November 1963 gebore.Ek is een van 14 kinders, no sewe, reg in die middel. Ek was net van kleins af baie anders as al ons ander kinders. My pa was pastoor van ‘n Pinkster kerk. Dit was vir my baie rof tussen so baie kinders en ek was ‘n gebore vegter. Ek besef vandag eers wat God se plan met my lewe was. Ons is geskape om God te verheerlik in alles wat ons doen. Dit is vir my nog baie moeilik party dae en ek raak nog opstandig, maar laat ek begin.

Ek was ‘n baie goeie leier met‘n baie sterk persoonlikheid en het baie goed op skool presteer akademies en atleties. Maar ek weet en glo dat dinge anders sou verloop het as ek ‘n ondersteuningsisteem gehad het
Maar ek weet met 14 kinders was dit onmoontlik dat my ouers hulle aandag en liefde kon verdeel het. My ma en ek het ‘n redelike verhouding gehad maar toe ek vir die eerste keer menstrueer, het my ma ‘n afkeer in ons dogters ontwikkel. Ek moes maar dinge op my eie uitvind. Ek glo my ma se generasie ouers was net absoluut anders, wat ‘n invloed op haar lewe gehad het.

Dit het vir my gevoel en ek het dit so ervaar - asof my ma my wil wou breek, en toe ek sestien jaar oud word, het ek rebels geword. Nie in ‘n slegte sin rebels nie, ek het nooit in my lewe probeer rook, dwelms of drank eers probeer nie. Ek was te bang dat Jesus enige tyd op die wolke sou kom. Ek kon nie eers in ‘n fliek sit sonder om skuldig te voel nie.
Ek was nooit beïnvloedbaar nie - iets waarvoor ek God dank, ek weet vandag dat Jesus sy hand nog altyd oor my gehou en my bewaar het.

Ek het teen my ma se sin getrou met ‘n polisieman,toe ek 18 was en swanger met my eerste kind op19.
As ek vandag terugkyk was ek uiters naïef wat seks betref. So moes ek alles self uitvind..Toe ek 6 maande swanger is moes ek uitvind dat my man ‘n buite-egtelike kind het by ‘n vrou met wie hy ‘n verhouding gehad het, voor ons getroud is. Maar ek het hom en al sy leuens en bedrogspul geglo, want hulle sê nie verniet dat liefde blind is nie.
Ons het finansieel baie swaar gekry maar het tog op ‘n manier oorleef. Ek het toe eers later jare uitgevind hoekom daar altyd geld was. Daar is so baie dinge waarvan ek weet maar nooit oor sal kan praat nie want dit kan my lewe in gevaar stel. Maar dank God dat ek my nooit skuldig gemaak het aan enige iets onwettigs nie.

My man sou my op kere toesluit in die woonstel vir drie dae sonder kos en my aandrand dat ek in plaste bloed bly lê het - op ‘n keer voor my sussie wat tydelik by ons gebly het. Dit het nooit in ons huis gebeur nie en sy was erg getraumatiseerd Toe ek in kraam is met my seun, was my gewese man by sy minnares. Ek sou dit eers later jare hoor. Ek het ‘n "pro-laps" van die baarmoeder gehad en het 6 punte bloed verloor en was drie dae in ‘n koma. Die medici het gesê dat ek sou nooit weer kinders sou kon hê nie, en het baie lank gevat om te herstel. Ek het ook my seun alleen grootgemaak. Ek is tot vandag nie seker met hoeveel vrouens hy my verkul het nie maar die wat ek geken het en familie van my was, was tien vrouens. ‘n Dokter wou by my weet of ek enige idee het waar ek al die vaginale siektes optel.
Ons het in polisie woonstelle gebly en ja soos dit alom bekend is - ‘n man in uniform hou van ‘n mooi vrou . . . My oë het begin oopgaan en ek is toe van my man geskei..Dit was baie moeilik omdat hy in die polisie was en hy het my lewe ‘n hel gemaak!
Vir my is die vreemdste van alles dat hulle jou nie wil hê nie maar as iemand anders net in jou rigting kyk word daar gedreig of selfs geskiet.

Ek het toe by my ouers gaan bly met my seun. Tot my spyt en my ouers se aansporing het ek saam met hom gery Noupoort toe toe sy pa oorlede is Toe ons daar kom is daar vir ons ‘n dubbel- bed reggemaak want hulle het ons nie gesien in die tyd wat ons geskei is nie. Daar besluit ons om weer te probeer - kan jy dit glo? En twee maande later is ek weer swanger. Om op Nylstroom te bly en swanger te wees - ongetroud - is ‘n skande.

Ek het gesukkel met die swangerskap en dit was vir my baie moeilik, maar met die Here se hulp is ek daardeur. My dogtertjie "Sonja" is toe gebore.My ex-man het dit eers ontken, maar haar toe darem gaan registreer op sy naam as haar pa. Dit was vir my baie moeilik om my twee kinders alleen groot te maak.

Toe Sonja nege dae oud was, het ek een nag baie onrustig wakker geword en gebid, en dieselfde nag het ons haar hospitaal toe gejaag. Die dokter kon nie uitvind wat fout was nie, en sy is twee dae later oorlede. Ek het ‘n paar keer my bewussyn verloor van trauma en skok Sy het regtig nes ‘n slapende engeltjie gelyk. Ek moes alleen deur die rouproses - dit was vir my loutere hel Die oggend van my Sonja se begrafnis het my pa ‘n droom gehad waar die Here vir hom gesê het dat Hy een geneem het maar dat Hy vir my twee in haar plek sal gee.

Ek het toe weggetrek Warmbad toe om ‘n nuwe lewe te begin. Op ‘n dag van die werk af het ‘n polisie-voertuig langs my gestop. Dit was iemand wat ek geken het en ek was maar nog steeds baie naïef en het net die mooi in almal raakgesien.
Toe begin die polisieman by my kuier.
Ons het ‘n jaar uitgegaan en was ‘n jaar verloof. Baie stories wat ek van hom gehoor het, maar ek was doof en blind daarvoor. Die vreemdste was dat hy my gevra het wat dink ek hoe sou hy gelyk het as hy ‘n vrou was? Ek en my suster het toe ‘n groot grap daarvan gemaak -hom aangetrek en opgemaak soos ‘n vrou, en jare later sou ek eers weet hoekom. Wat vir my snaaks was, was hoekom hy my nooit na sy ouerhuis toe geneem het nie. Na al die stories wat ek gehoor het was ek uiters skepties oor sy Ma want almal het vertel hoe "snaaks" was sy. Vandag weet ek dat sy eintlik al normale persoon was.
Hy het nooit tekens van aggressie getoon nie. Ek kon nie verstaan hoekom hy wou weet of ek en my gewese man ‘n kondoom gebruik het nie. Hy was 25 en nog steeds ‘n maagd en ek het baie spesiaal gevoel omdat hy hom wou spaar vir die regte vrou! .Hy was verskriklik oulik met my seuntjie wat toe net 5 was, en kan jy jou indink dat ‘n seuntjie die voorreg het om met ‘n polisievoertuig te kon ry met loeiende sirenes Hy was my seuntjie se hero! Hy het selfs ‘n klein poedeltjie vir my seuntjie gekoop.

Ons was 4 dae getroud en op ons wittebrood rand hy my aan omdat ek vergeet het om ‘n tjek te los vir die huur van my besigheid.Ek het weer met ‘n blou oog geloop.

Ons was twee maande getroud toe is ek swanger waarop hy my kop in ‘n bad water gedruk het, op my maag gespring het en alles in sy vermoë gedoen het dat ek die babas moes verloor.
My Ginekeloog het geweet wat aangaan en vir my gewaarsku dat ek die risiko loop om my tweeling te verloor.
Ek was gehospitaliseer vir vyf maande om my kinders te behou, hy het my selfs in die hospitaal kom aangerand in my privaat kamer. Die suster het op ‘n keer in die kamer ingeloop en hom gedreig dat hy gearresteer sal word. ‘n Verpleegster wat in Warmbad gebly het, het my gebel en vertel dat hy haar wou verkrag het. Sy het ‘n saak teen hom gaan maak maar soos gewoonlik het niks daarvan gekom nie. Tot vandag weet ek nie hoe ek met al daai emosies en gebeure normaal kon bly en my kinders behou het nie.. Vandag weet ek wat is Genade.

My tweeling is die 25ste Augustus 1988 - vroeër as beplan - gebore. Hulle het saam 3.8 kg geweeg 1 was 1.8kg en die ander een 2kg. Wat ‘n stryd om hulle groot te kry.
Nou ja, so is ons toe huis toe. Ek het saam met die kinders geslaap want hy het skofte gewerk. Hy sou dalk een nag na hulle kyk as ons nie baklei het nie.
Ek weet tot vandag toe nie hoe ek daardeur gekom het nie. Niemand was welkom by ons nie, en almal was bang vir hom. Ek het noot geweet dat ek in staat sou wees om iemand so te kon haat nie. Dit was so ‘n dik gevoel in my keel altyd, van naar wees en haat.
Die onreg wat ek moes verduur, want hy sou my aanrand voor sy vriende, bloot net omdat ek verkeerd gesit of ‘n grap op die verkeerde tyd vertel het. Hulle het altyd belowe dat hulle ‘n klag teen hom gaan lê wat hulle nooit gedoen het nie Ek het in vrees geleef. Daar is so baie verborge geheime wat ek mee rondloop van wat ek gehoor het, dinge wat gebeur het in die apartheids-era, maar dit is verbode terrein
.
Een aand het hy my so geslaan dat my buurman die Polisie moes bel want vandag gaan hy sy vrou doodslaan. Hy sou dan doodeenvoudig al die ligte afsit en dan sou die polisie geen bewyse kon kry nie.
Op ‘n keer na so ‘n aanranding het sy stasiebevelvoerder vir my kom bid, want ja ek soek mos vir moeilikheid.
As enige iemand al ooit saam met ‘n skisofreen gebly het sal hulle weet wat dit is, want hulle verander binne sekondes in engele. Hy het elke jaar ‘n toekenning ontvang vir die netjieste man op die stasie. Ek het nie die voorreg gehad om enige iets in my huis te skuif nie, want dit was sy area.
Ek sou Saterdae na werk sien hoe hy al die meubels in die huis uitdra en "springclean" vir kieme. Enige skisofreen is hiperskoon, hiperslim en uiters gesondheidsbewus.
Niemand het my ooit geglo as ek hulle sou vertel vir watter rede hy my sou aanrand nie. Ek was soos ‘n masjien - ek het soos ‘n zombie gelyk en gevoel. Die liefde wat ek moes ontvang het ek oorgedra op my kinders en hulle was my lewe.

Toe hy my seuntjie begin aanrand, het ek net besef dit kan nie so voortgaan nie. Hy sou hom verwurg en dan teen die muur gooi. My hart was in stukke vir my kind. Maar ek was nie heel nie hoe kon ek iemand anders help. So is my seun van my af na my ouers toe en weer terug na my toe.
Wat my die ergste was was dat hy openlik gemasturbeer het. Toe ek hom een aand in die sitkamer betrap, het ek nie eers ‘n meter uit die sitkamer geloop nie, toe hy my gryp.
Hy sou my altyd eers verwurg het tot ek flou geword het en dan my kop op die teels geslaan het totdat ek bykom.. Daar was ‘n keer wat my kop so pap geslaan was aan die agterkant dat ek nie kon hare was nie - ek moes droë shampoo koop. Hy het my kakebeen gebreek - my met gewere aangehou, - met messe gesteek, nagte in die veld afgegooi en daar gelos tot die volgende oggend toe.
Niemand het my ooit geglo nie. Omdat ek ‘n sterk mens was het en ek mos"gesoek" vir pak Ek het amper die leuen begin glo.

Hy het toe uiteindelik in Vista kliniek beland.. Hy het nie geweet nie of hy man of vrou wil wees nie, een van die een persent aggressiefste skisofrenie, ‘n sadis, en dan het hy genot daaruit geput om my te verwoes,

Daar is net te veel om oor te praat en dit is hoekom ek my boek moet skryf.
Ek was vir 10 jaar so stukkend en wil vir mense vertel hoeveel tyd, energie word uit mens getap om te probeer vergeet van wat alles gebeur in jou lewe.. Ek weet dat daar iets in my persoonlikheid moet wees wat hierdie tipe mans na my toe aantrek maar min het ek geweet ek vir ‘n tweede keer met dieselfde soort man sou trou! Maar daar bly vir my altyd hoop!

Ek wou nooit weer in my lewe trou nie maar by die Here is niks onmoontlik nie!

Ek is nou al 20 jaar met my derde man getroud en wat ‘n voorreg om die pad te stap met Jesus.My man was ‘n NG man maar vandag bedien hy in die charismatiese kerk. Ons het 5 kinders saam gehad. Ek kon nooit weer kinders hê nie want my gewese man het my so verniel dat ek op 26 ‘n noodhistorektomie moes kry.

Maar ek weet dat God ken die groter prentjie. Soos almal weet is die kans op geluk met ‘n derde huwelik maar skraal. Ek sê nie my 3de huwelik was net maanskyn en rose nie. Maar wat ek wel weet dat my 3de man ‘n man uit God se hand was,want wat hy nie alles moes verduur het tydens ons huwelik nie.

Ek is ‘n ongelooflike sensitiewe siel en wil die wêreld van ondergang red. So het ek baie mense gehuisves. Ons is deur ons huwelik met sy kinders my kinders baie probleme en hartseer. En van my susters is dood aan vigs en die ander suster was in die gevangenis Vandag het ek ‘n dogtertjie van ‘n familielid in pleegsorg is by ons. Dit is so jammer dat daar nie handleidings is vir sulke goed soos kindermolestering nie! Dit alleen is ‘n boek op sy eie.

Ek is ontsettend emosioneel en gaan glad nie deur ‘n goeie tydvak in my lewe nie. Ons is deur kindermolestering, en omdat ek daaroor praat vandag is ek die uitgeworpene. Ek het my dogter verloor omdat ek durf praat het oor haar molestering, maar ek het nodig om daaroor te praat sodat daar genesing kan kom, want dit raak net te veel vir my.
Maar dit is my storie dit is hoe ek dit beleef het. My lewe was baie moeilik en is op 43 deur ‘n vroeë menopause en het in die hospitaal beland maar die Here het my bo-natuurlik deur die depressiewe tyd gedra.

Altwee my dogters is modelle en baie mooi . My een tweeling-dogter wat vervreem is van my gaan in Hong Komg modelwerk doen en dan ook in die Europese somer in Europa wees. Ek glo dat sy ook later in haar lewe sal leer praat en sal ervaar dat dit vir haar genesing sal bring.

As net een mens uit my foute uit kan leer - was dit vir my oor en oor die moeite werd om hierdie pad wat ek geloop het te loo. Dit was ‘n wonderwerk want die Here se Genade het my gedra en beskerm deur dit alles.

Soos Joyce Meyer sê "I am a survivor"


Annatjie Harmse