Erkenning

Louise Peens

Louise is 'n besondere mens wat sonder ophef 'n ongelooflike bydrae tot die skool en die gemeenskap van Bloemfontein lewer.  Sy is voorsitter van beide die primêre en sekondêre skole se beheerliggame, waar sy met ‘n sagte dog ferm hand leiding neem. Sy is hoof van maatskaplike dienste by Pelonomi-hospitaal en is betrokke by die Reik-na-'n-droom-projek waar kankerpasiënte se drome waar gemaak word. . .

Riette Dykman

Riette Dykman & Sonja Herholdt

Ek het hierdie baie besondere vrou in Kroonstad ontmoet.
Toe sy met kanker gediagnoseer is, te midde van die sogenaamde doodsvonnis, en die feit dat sy talle operasies en behandelings moes ondergaan wat moontlik haar voorkoms kon skend - het sy ander inspireer met die manier hoe sy blymoedig dit bly hanteer het.
Ek stel haar self aan die woord met haar verhaal:

Freda Meiring

Hierdie baie besondere vrou van Kimberley trap diep spore in die gemeenskap en haar naam sal nie sommer vergeet word nie omdat sy 'n omgeemens is.

Fief de Wet

Tannie Fief de Wet, soos baie haar noem by die skool het al 13 jaar gelede, uit diens getree, maar sy het nou al jare die RO klas by die skool en is maar die maatskaplike werker, sielkundige, geld en kosvoorsiener - alles-in-een - vir menige kind en sommer ook die oor en die skouer om op te huil vir menige personeellid.

Ansu Visagie

Hierdie sterk klein vroutjie het my beindruk toe ek haar sien en die erkenning vir haar gee, want dis asof sy nie eers "klick" dat sy die besonderse vrou is nie.

Alet Rabe

Alet het na die aanbieding waar ons haar erken het vir haar besondere vrouwees - vir my gesê dat vanaand het vir haar net laat besef dat daar 'n doel is met haar lewe en dat daar 'n rede is vir haar omstandighede en dit wat sy deurgemaak het - en dat sy nog 'n bydra het om te lewer want einlik volgens die dokters moes sy dit nie gemaak het nie.

Hester Barnard

Hester het vir my na die tyd gesê dat sy nadat ek vir haar die erkenning gegee het tot in die vroeë oggendure wakker gelê het en haar lewenspad van onthou tot nou toe voor haar laat afspeel het. Iets wat sy in jare nie gedoen het nie.

Estelle

Hierdie besondere vrou het ek ontmoet in Louis Trichardt en haar warm vriendelikheid het my aangetrek en ek kon sien dat sy lief is vir mense - en mens kan dit voel as jy om haar is. Sy is van beroep 'n verpleegster - 'n suster - en dis meer 'n roeping vir haar. . .

Ina du Toit

Ina, vir jou het ek ongelooflik baie respek! Sy vertel self vir ons haar ongelooflike storie. . .

Drika Pronk

Drika vertel self haar storie. Diep binne my wou ek graag hê mense moet van hom weet en verstaan hoekom hy so is. Dit maak dit net makliker. Dankie vir jou as vreemdeling wat in my lewe instap en sê "ek verstaan". . .