Hierdie ongelooflike mens moet jy ontmoet en haar beleef om haar te waardeer.
Ek het haar met die reëlings van die funksie wat ons saam aangebied het - oor die telefoon leer ken - 'n vrou met soveel integritiet, so professioneel, so vriendelik en deeglik. Toe ek haar ontmoet, was ek verstom. Marthina is jonk van gees met die sielvolste blou oë van wat weet wat die lewe is en vra, en nie terugdeins nie!
Sy werk by die kerk en hanteer alles in die kantoor vanuit haar rolstoel en so het sy die funksie waarby ek in Alberton opgetree het self gereël.
Sy het met pyn en deursettingsvermoë haarself geleer om onafhanklik te wees - bo alle verwagtinge. Ek het vir Marthina gevra om self haar storie te vertel. . .