Toe ek my program in Ellisras aangebied het, het ek die pragtige Mamma met haar jaaroue babatjie sien inkom, en geweet dat dit die vrou is aan wie ek die erkenning moet gee.
Gedurende die aanbieding van my program het sy uitgegaan toe haar dogtertjie lastig raak, en weer aan die einde van die program ingekom en toe ek haar vorentoe roep, het sy en Makayla saam die toekenning kom ontvang.
Toe ons vir haar die blomme gee, saam met haar toekenning, het sy met trane in haar oë genoem dat sy dit op haar drie kinders se grafte gaan sit.
Hierdie vrou weet van opstaan en aangaan omdat jy nie 'n ander keuse het nie... of dalk het jy........ en van oorbegin.
Lees haar storie wat sy vertel.