Petro Steenkamp

Sonja Herholdt & Petro Steenkamp

Tannie Petro en oom Daan was getroud en het 2 seuns uit die huwelik. Die gesin het hul eie vervoer besigheid gehad wat koring, mielies ens, vervoer het.

Tannie Petro is 'n hardwerkende vrou en het vir niks agteruitgestaan nie en het self ook partykeer die groot trokke bestuur.

Oom Daan was 'n groot man en sy het baie jare hom gehelp met alles wat hy moes doen. In die jare het sy haar eie ma versorg wie by haar gewoon het.
Haar skoonma was in Brits Rusoord en het ook haar aandag geverg.

Haar oudste seun, Daantjie, is op 23 Oktober 2004 getroud. Hul was net twee weke getroud en na sy terugkeer op 10 November is hy langs sy trok wat hy bestuur het aan 'n asma-aanval oorlede.
Tannie Petro het hom op die toneel probeer help maar kon vir hom niks doen nie. Haar skoondogter was swanger en daar is 'n kleinkind gebore.

Albei haar skoonouers is kort na mekaar oorlede. Kort na die begrafnis is haar man Oom Daan op sy verjaarsdag oorlede.

Ons wat haar ken het die wereld se respek vir haar want ons weet wat sy deur is en hoe sy haar lewe opgeoffer het om almal om haar te versorg.

Sy is 'n sterk vrou!

Dit was vir my 'n voorreg en 'n eer om hierdie besondere vrou te vereer vir die mens wie sy is.