Verhale van Vrouwees - CD

R100.00
Verhale van Vrouwees

Op hierdie CD vertel ek die ware verhale van vier doodgewone Suid Afrikaanse vroue. Ek glo daar is waarde daarin wanneer ons ons stories met mekaar deel. Daarom probeer ek met hierdie CD, as deel van my INCELEBRATION veldtog, om die geleentheid te bied vir vroue om hulle stories met mekaar te deel.

Miskien sal die stories jou hoop gee. Miskien sal jy lag, of huil, jouself dalk herken in iemand anders se verhaal en besef jy's nie so alleen nie. Hoe jy dit ook al ervaar, my wens is dat jy, net soos ek, weer sal besef dat daar altyd hoop is. Vrouwees is ‘n seën. Dit is kosbaar. Koester dit. Wees dit. Leef dit. Deel dit. Daar is baie soos ek en jy!


Hierdie CD bevat 6 snitte:

1. Inleiding
2. Die deur
3. Hy noem my Trudie
4. Dans met die rooirok
5. Mooi van binne
6. ‘n Persoonlike woord