Nuus

W E L K O M

1 November 2008
Welkom by my nuwe tuiste op die wêreldwye web. Ek onderskryf wat Albertina Sisulu gesê het, naamlik dat ons, ons lewenservarings moet deel, en dat dié met wie ons dit deel, daarmee moet maak wat hulle wil. In wese is dit presies wat sonjaherholdt.co.za is. . .

1 Oktober 2008

Ons is tans besig om www.sonjaherholdt.co.za te herontwerp en ek vertrou dat die veranderinge en nuwe funksionaliteit aanlyn sal wees teen die einde van Oktober. . .

16 Augustus 2008

Gedurende Julie en Augustus was ek betrokke by twee baie spesiale produksies. Ek was reeds vroeg in 2008 bespreek om by die advertensiebedryf se Loerie toekennings in Margate op te tree. . .

Nuwe DVD & CD

Die DVD-opname van my motiverings-program "'n Voetpad na Vrouwees" sowel as my nuutste CD "She" is nou eksklusief beskikbaar hier op www.sonjaherholdt.co.za.

Wegbreek 3 Maart 2008

Die eerste Incelebration naweek-wegbreek het plaasgevind die pas afgelope naweek. In my wildste drome het ek nie gedink dat dit so ‘n reuse sukses gaan wees nie. . .

My Biografie

Sarie voorblad

SONJA: meisie van Nigel - ‘n Lewensverhaal, sal teen Saterdag 21 April te koop wees hier op my webwerf en behoort vanaf Dinsdag 24 April by meeste boekwinkels beskikbaar te wees. . .

Rapport & City Press Prestige toekenning

Dit was vir my 'n groot eer om op 2 Augustus 2006 die Rapport & City Press Prestige toekenning te ontvang as een van 10 vrouepresteerders wat met haar visie, deursettingsvermoe en moed, 'n verskil maak. Dit is met groot nederigheid wat ek hierdie toekenning ontvang en wil ek my toekenning graag opdra aan al die baie ongelooflike vroue van Suid Afrika wat nooit erkenning kry nie.