Nuus

ATKV - Veertjies

Foto - Sonaj Herholdt & Gloria Bosman

3 Mei 2009
Ek was genooi om tydens die ATKV se mediaveertjie-toekennings my treffer "Ek Verlang na Jou" as 'n duet saam met Gloria Bosman te sing.
Ek het Gloria in 2008 leer ken toe ek haar ontmoet het tydens die opnames van Coenie de Villiers se weergawe van "Ek Verlang na jou" vir sy jongste album.
Tydens die geleentheid het Gloria genoem dat sy graag saam met my "Ek verlang na Jou" op een of ander stadium sou wou sing.

14 April 2009

"Môre sal die son weer skyn" bly maar een van die lewe se mooiste refreine. Hierdie foto het ek 6 uur die oggend geneem toe die son oor die Gariepdam opgekom het. Ek was die laaste paar weke intensief besig met die aanbied van my nuwe lewensverrykende musiekmotiveringsprogram "Die Hartklop van Vrouwees." . . .

Leefkonsert

Leefkonsert foto

17 Maart 09
Die jaar het nou goed vlamgevat, en die laaste paar weke was ek goed bedrywig gewees. Leeftydskrif se Lofkonsert was 'n kreatiewe hoogtepunt en ek het dit terdee geniet om saam met Johan Heystek, die musikale regisseur en die ander kunstenaars te werk. . .

Huldeblyk aan Natalie

3 Maart 2009
Prediker praat van die lewe as futiel. En ek wil die verduideliking van futiel vir myself in perspektief sit deur dit te sien dat ons nooit hierdie lewe sal kan verstaan nie, al probeer ons hoe hard.
Ek het net nie die Here se perspektief nie - en ek vra Hom om asb 'n stukkie van Sy liefde aan my te openbaar sodat ek net kan begin om te verstaan. . .

Beplande nuwe album

26 Februarie 2009 - Daar is 'n gesegde, "Life is lived forward and understood backwards". En ek stem saam. Ek is al vir 'n baie lang tyd lus om 'n nuwe album te maak. Dit was veral die "understood backwards" gedeelte wat my vir 'n lang tyd gekeer het en baie mooi laat dink het oor veral die finansiële implikasies van so 'n besluit. . . maar . .

Leef Voorblad

Leef Tydskrif voorblad

9 Februarie 2009
Ek en Bobby van Jaarsveld deel die voorblad van die Maart uitgawe van Leeftydskrif. Die voorblad en meegaande artikel maak deel uit van die bemarking van Leef se Lofkonsert, wat plaasvind op 6 Maart by die Mosaiek Teatro in Johannesburg. . .

27 Januarie 2009

Ek lees onlangs die volgende, en dit verduidelik absoluut 100% waar ek nou in my lewe is: "We all feel satisfaction in a job well done, but the greatest satisfaction transcends personal achievement - it comes from helping others reach their potential. That is probably what keeps teachers going" Captain D. Michael Abrashoff.

Voorspoedige 2009

Ek wens graag vir jou net die beste toe vir 2009!

 Ek is die laaste tyd diep onder die indruk van "the power of now". Dat ons 
moet leef vir die oomblik, en nie in die toekoms of die verlede nie! 
Vanuit my oogpunt van "hierdie nou" wil ek graag die volgende met jou 
deel:
 Ek weet nie wat jy oor die feestyd gedoen het nie - maar ek hoop jy kon 
rus. Ek is by my huis in Johannesburg - die lekkerste plek in die wêreld, 
veral weens Johannesburg se besondere aangename klimaat. Hierdie tyd van 
die jaar is dit besonders stil en geniet ek my tuin en die ryk voël-lewe.

12 Desember 08

Dankie aan almal wat vir my gelukwense met my verjaarsdag gestuur het. Ek waardeer julle belangstelling en goeie wense. Die jaar, 2008 het nou ook vir my tot 'n einde gekom, en ek sien uit daarna om 'n bietjie te rus en kreatief te wees met die ontwikkeling van my nuwe vertoning.

2008 was 'n goeie jaar, alhoewel dit vir my ook vermoeiend geraak het hier na die einde se kant toe. Ek is egter baie dankbaar vir die geleentheid om my hart veral met die vroue van Suid Afrika te kon deel, en vertrou dat dit 'n verskil maak.

Sonjare vertoning

12 November 08
Voor ek die jaar afsluit bied ek vir almal wat daarvoor gevra het op Saterdag 6 Desember in Melville Johannesburg - weer ‘n "Treffers van die Sonjare" vertoning aan. Met klavierbegeleiding sing ek van my ouer liedjies, die wat ek selde in vertonings sing. Die ou bekendes, soos Skipskop, Jantjie, Harlekyn ens is ook natuurlik daar sowel as een of twee liedjies van Reconstructing Alice en my nuutste cd "She".