Nuus

My nuwe album "Pêrels"

Ek gesels in die Vrouekeur van 27 November 2009 o.a. oor my nuwe album Pêrels. Hierdie is my eerste kommersiële cd in omterent tien jaar en ek is baie opgewonde daaroor. Pêrels gaan 'n dubbel cd wees.

Die eerste cd bestaan uit 9 nuwe oorspronklike liedjies, en die tweede cd 20 van my grootste treffers wat ek weer opgeneem het met verwerkings baie naby aan die oorspronklike. . .>>

Liefling - "die movie"

Ek was aan die begin van die jaar genader om te hoor of ek sou belangstel om 'n rol te vertolk in die beplande musiekrolprent "Liefling".

My antwoord was "beslis ja". Ek sien baie uit na die geleentheid, verfilming begin in Januarie 2010, en dit lyk of die fliek teen die lente van 2010 sal begin draai.

Reik na die sterre

Op Saterdag 28 November begin daar 'n nuwe musiekprogram op kykNET. Homebrew films het 'n reeks konserte by die Barnyard teater in Kaapstad verfilm. Die reeks word van 28 Nov - 20 Feb 2010 om 20:00 op Saterdae uitgesaai.

'n Naweek in die Karoo by die DeStijl Gariep Hotel

Op Saterdag 7 November bied ek my Hartklop van Vrouwees program by die nuwe DeStijl Hotel by die Gariepdam aan. Die hotel het 'n asemrownde uitsig oor die dam, en is verseker die ideale plek as jy rus en vrede en stilte soek. Kry gerus 'n paar vriendinne bymekaar en maak dit 'n naweekwegbreek.

Die lente is hier!

23 September 09

Ja die lente is hier!!! Dis amper asof dit te gou is!
Dit is die teken van God se verbond met ons ou aarde - en daar is 'n afwagting - ook dat die reën moet kom - want die suifmeel in die lug help nie my sinus nie.

Lente 2009

3 September 2009

Op 8 Oktober 2009 word die Roer episode waarop ek gekook het op kykNET uitgesaai.

Die NOOT vir NOOT program waarin ek sing word eers volgende jaar op 4 Februarie uitgesaai.

"She" is nou 'n prinses . . .

12 Augustus 2009
Ek het onlangs my jongste CD "She" bygewerk met 4 nuwe snitte op. Die She CD is hoofsaaklik die musikale klankbaan van my musiekmotiveringsprogram "die Hartklop van vrouwees".

Afri-Frans

Matthys Maree & Sonja Herholdt

31 Julie 2009
Saterdag 1 Aug (21:00) is ek weer 'n gas op die kyk NET TV program Glitterati. Ek was genooi om my opinie te gee oor Matthys Maree se Afri-Frans projek. . .

Winter in die Kaap & my nuwe album

Winter in die Kaap

6 Julie 2009
Die grootste gedeelte van Junie was ek op toer aan die Weskus en Kaapstad met die aanbied van my musiekmotiveringsprogram "Die hartklop van vrouwees".

Dit was verfrissend om die mense op die platteland te kon ervaar en ek was oorweldig deur al hulle liefde en omgee by elkeen van die plekkies waar ek die program aangebied het. .

Winter nuus

Glitterati opname 2009

2 Junie 2009
Ek was onlangs genooi vir twee TV opnames. Die eerste was as ateljeegas vir die 100ste opname van die Kyknet program - Glitterati, wat Saterdag uitgesaai was, met herhalings op KykNET gedurende die week. Die tweede een was, as gaskunstenaar vir die 17de program van die 33ste reeks van Noot vir Noot. Hierdie episode word eers op die 5de Februarie 2010 uitgesaai. . .