Nuus

Ons vlieg saam - die video

Die video van my en Simeon se duet vanaf my nuwe album Pêrels is nou beskikbaar op YouTube, kyk gerus hier.

Junie 2010

Die afgelope maand het ek regoor Suid Afrika my musiekmotiveringsprogram "Die Hartklop van Vrouwees" aangebied. Ek is dankbaar en bly vir almal wat die program bygewoon het, tenspyte van die renerige koue aande veral in die Weskaap.

Leef vir Moedersdag

27 April 2010
In die MEI uitgawe van die leef tydskrif is daar 'n artikel wat handel oor ek en my kinders. Die opskrif is "In genade ontvang

Musiek video

13 April 2010
Die musiek video van my nuwe liedjie Pêrels is nou beskikbaar op You Tube
Kliek hier om te kyk.

Pêrels nou beskikbaar

23 Maart 2010
My nuwe album Pêrels is nou landwyd beskikbaar by meeste musiekwinkels, sowel as hier op my webwerf.
Lees verder

PÊRELS

1 Maart 2010
Die produksiewerk aan my nuwe album "Pêrels" is nou uiteindelik klaar en die album is finaal gemeng en gemeester.

Die meester CD is nou na UNIVERSAL MUSIC wat verantwoordelik is vir druk en die verspreiding van die album.

Dit sal moontlik nog twee tot drie weke neem (middel na einde Maart) voor die album in die winkels beskikbaar gaan wees. Lees verder

Rapport Haiti Konsert

Rapport Hoop vir Haiti konsert

5 Februarie 2010

Dit was vir my 'n groot eer en voorreg om deel te kon wees van hierdie baie spesiale geleentheid. Die idee het by Cheree die sangeres ontstaan, sy het toe 'n e-pos uitgestuur en 'n week later sit daar toe net bietjie meer as 2000 mense in die Big Top arena by Carnival City.
Lees verder

W E L K O M 2010!

11 Januarie 2010
Ek wens jou 'n voorspoedige en geseënde nuwe jaar toe. Mag ons almal bly glo en hoop dat ons drome en wense in die nuwe jaar sal waarword. lees verder

Onlangse nuusberigte

Januarie 2010
Onlangse nuusberigte oor Jurie Els verwys:
Ek is vol vertroue dat hierdie aangeleentheid gou uitgesorteer sal wees en volstaan by my kommentaar van 13 Desember 2009, in die vorige nuusartikel hier op my webwerf.

Ek groet my Pappa & 2009

13 Desember 2009
Op Saterdag 28 November 2009 is my pappie op die ouderdom van 84 oorlede aan kanker. Hy het skielik in September sleg begin voel, en nou-ja van daar af was dit net afdraande pad. Wat vir my so hartseer is, is dat hy so moedig probeer veg het en positief gebly het dwarsdeur die bestraling wat hom so siek gemaak het. lees meer >>