7 September 2010
Happiness is a SKILL . . . . en ek glo dit begin by 'n dankbare maar ook 'n brawe hart, dit is beslis iets waaraan ons almal die heeltyd moet werk.
Ek wou Sondag so 'n bietjie laat slaap, my naweek was nogals besig, maar toe lui my telefoon 9 uur. Aan die ander kant van die lyn is 'n verslaggewer wat wil weet wat my kommentaar is op Jurie Els se uitsprake oor my in sy biografie . . .