Nuus

Ek & Simeon "live" 1 & 2 Junie

Ek, Simeon en orkes tree op 1 & 2 Junie by die Cheyenne Saloon by die Carousel op. Simeon sing van die liedjies op sy nuwe album "Rooirok" (die album is nou ook beskikbaar op my web, kliek hier) sowel as 'n paar "covers" van sy musikale invloede. Ek sing van my eie gusntelinge en bekende treffers. Ek en Simeon kombineer ook weer met 'n duet of twee. Kaartjies en meer inligting beskikbaar by Computicket 

Sonja en Tjokker - nou aanlyn beskikbaar

10 April 2012
My nuwe kinderalbum "Sonja en Tjokker sing kinderliedjies" is nou hier op my webwerf beskikbaar. Die album behoort ook oor +/- 'n maand in die winkels beskikbaar te wees.
Luister na twee snitte in die lede area kliek hier (jy moet ingeteken wees om die lede area te kan besoek)
Koop die album aanlyn (met 'n kredietkaart of direkte betaling) kliek hier

Sonja en Tjokker - sing kinderliedjies

My kinderalbum "Sonja en Tjokker - sing kinderliedjies" is amper klaar en behoort teen einde April in die winkels beskikbaar te wees. Lees meer

Sing vir die Harlekyn

29 Maart 2012
Jonann het laat weet dat die DVD van Sing vir die Harlekyn nou beskikbaar is. Ek is besig om te kyk of ek die DVD ook direk hier op my webwerf kan beskikbaar maak. Sover ek verstaan was die DVD al laas naweek beskikbaar in winkels in Pretoria.

2012

Die Desembervakansie is verby en dit voel soos 'n vér gedagte, want 2012 stoom voort teen 'n tempo. Lees meer

Sing vir die Harlekyn

Januarie 2012
Johann Schutte het laat weet dat die DVD van "Sing vir die Harlekyn" nie betyds vir Kersfees klaar was nie. Hy en Nu Metro is nog besig met die proses en hoop om dit vroeg hierdie jaar een of ander tyd vry te stel. Sodra ek meer inligting van hom kry sal ek laat weet.

VONK & Harlekyn

Disco Disco @ Vonk

1 November 2011

Dit was vir my 'n groot eer om deel te kon wees van die jaarlikse VONK toekennings. Ek het twee items gelewer, my 1970's liedjie Disco Disco in die openings-medley en toe het ek en Winray sy liedjie Muchas Gracias saam gesing. Willie Venter het 'n ongelooflike produksie op die planke gebring, en ek is trots om deel daarvan te kon wees.

Kaapse draai

Ek maak begin Oktober 'n Kaapse draai.
As jy in die omgewing gaan wees, en wil kom hallo se, my toerprogram is soos volg, meer inligting is in die gebeure area. Lees meer

Sing vir die Harlekyn nou beskikbaar

26 Augustsus 2011
My fliek - Sing vir die Harlekyn word wel op DVD vrygestel, die datum van uitreiking het nou verander na Oktober 2011 een of ander tyd. Ek sal laat weet sodra die DVD beskikbaar is, dit sal ook hier op my webwerf tekoop wees.

 

 

Augustus - Alles en nog wat

Ek was laas Sondag 31 Julie, deel van 'n groep kunstenaars wat opgetree het by die "Anneli van Rooyen huldeblyk konsert". Dit was 'n eer om deel te kon wees van hierdie geleentheid, en om vir Anneli weer te sien. Ek is so bly dat sy so mooi herstel na haar operasie.