Nuus

Tekkie Tax Vrydag 31 Mei

Ek en Tjokker neem op 31 Mei deel aan die liefdadigheids projek "Tekkie Tax". Jy kan ook deel word en jou tekkies dra ten bate van liefdadigheid. Al die inligting is beskikbaar by www.tekkietax.co.za

Lig April 2013

Ek en Simeon is op die voorlad van die April uitgawe van die LIG tydskrif. Dankie Adri-Louise, Ilse, Patrick, Leigh en Claudi vir die geleentheid die mooi storie, fotos, klere en grimering.

Ek is dankbaar vir die geleentheid en dankbaar teenoor Simeon, alles is maar net genade!!

GHOEMA nominasie 2013

Ek en Tjokker is genomineer vir 'n GHOEMA toekenning vir beste kinder album / DVD vir 2013. Die toekennings vind plaas op 14 April 2013. As jy vir ons wil stem sms slegs die kode R5 na 41808. Sms'e kos R1.50 en daar kan vanaf 4 Maart tot 4 April gestem word. Slegs 20 stemme per selfoonnommer.

Kaap toer 2013

Van 22 Februarie tot 9 Maart 2013 kuier ek in die Kaap. Ek stel meestal my Sonja en Tjokker kinder DVD bekend, bied my musiekmotiveringsprogram aan en hou 'n spesiale piekniek-konsert 23 Februarie in Rawsonville by Picardi place en dan later ook 'n konsert in Plumstead. Al die inligting van die optredes is op my web in die gebeure area!

Sonja & Tjokker - DVD nou beskikbaar!

12 Desember 2012

My heel eerste kinder DVD "Sonja & Tjokker - sing kinderliedjies" is nou beskikbaar. Lees meer

Desember 2012

Baie dankie aan almal wat oor die naweek vir my gelukgewens het met my verjaarsdag. Dankie vir al die oproepe, boodskappe en die mooi blomme. Dit bly maar net genade en ek is dankbaar vir 6 dekades.

Dankie ook aan Finesse vir die mooi voorblad en artikel in die Desember uitgawe van die tydskrif.

Skouspel 2012

10 Oktober 2012
Skouspel 2012 is nou goed opdreef met die laaste 3 vertonings die komende naweek. Dit is nogals 'n ervaring om die verhoog met +/- 65 ander kunstenaars te deel.

Sonja en Tjokker - die DVD

25 September 2012
Sonja en Tjokker die DVD, was einde laasweek oor twee dae opgeneem by Hollywood costumes in Krugersdorp. Die produksie word tans geredigeer en as alles volgens plan verloop sal die DVD betyds op die winkelrakke wees vir Kersfees.

Ek, Simeon en Tjokker by Centurion Teater

In Augustus is ek en Simeon terug by die Centurion Teater, en hierdie keer maak Tjokker ook 'n draai. Saterdagoggend kuier ek en Tjokker 11uur met ons kindervertoning by die Teater en 20:00 die aand bied ek en Simeon ons akoestiese vertoning aan. Vir navrae kontak gerus die teater (012) 664 8710

Vakansie-kindervertoning

Gedurendie die vakansie gaan ek en Tjokker bietjie die kinders vermaak met ons kindervertoning. Ons begin op Woensdag 27 Junie by die Boer teater in Durbanville en dan weer op Saterdag 30 Junie by die Garden Route Casino in Mosselbaai.