Rapport & City Press Prestige toekenning

Dit was vir my 'n groot eer om op 2 Augustus die Rapport & City Press Prestige toekenning te ontvang as een van 10 vrouepresteerders wat met haar visie, deursettingsvermoe en moed, 'n verskil maak. Dit is met groot nederigheid wat ek hierdie toekenning ontvang en wil ek my toekenning graag opdra aan al die baie ongelooflike vroue van Suid Afrika wat nooit erkenning kry nie.
Ek ontmoet steeds gedurig, oral in die land ongelooflike vroue, vroue wat vir my persoonlik as 'n groot inspirasie dien.

Verder is ek ook tans besig met die "Hits van die Sonjare" vertoning by die Gandwest Casino in Kaapstad. Dit is die eerste keer in 'n lang tyd dat ek weer met 'n orkes op die verhoog werk en vind dit 'n uitdagende maar baie bevrediginde ervaring. Ek wil veral baie dankie se aan De Wet Wright en Sara Theron wat gehelp het met die samestelling van die show en Garreth wat die show "Direct". Hierdie is beslis 'n baie besonderse produksie en te oordeel aan al die positiewe terugvoer, geniet die publiek dit baie. Ek is tans besig om die moontlikheid te ondersoek om hierdie produksie op DVD te laat opneem en sal laat weet indien ons dit wel gaan doen.

Die skryf aan my biografie vorder fluks. Die skryfproses behoort teen einde Augustus afgehandel te wees wat beteken dat die boek hopelik teen begin Oktober beskikbaar sal wees. Hou gerus my web-tuiste dop vir meer inligting oor die boek wat ek hier sal bekend maak.

As jy jouself in die Kaap bevind, kom maak gerus 'n draai by die Roxy Teater en kom geniet die "Sonjare" elke Woensdag - Saterdag tot 9 Sept - R69 per persoon (20:30 - 22:20).

Baie dankie vir al die positiewe terugvoer

Liefde

Sonja