News: 2016

Waar daar SON is 2

Op Saterdag 3 Desember 17:00 is ek en Simeon weer terug by Lewende Woord Westerlig in Pretoria met ons program "Waar daar SON is 2".
Ek sing van my bekende liedjies, sowel as 'n paar immergroen gunstelinge en Simeon sing van sy liedjies (nuwes en bekendes). Daar is 'n paar geestelike nommers en ook kersliedjies. Hierdie vertonig bied iets vir oud en jonk.

Pasella en Via TV

Gedurende Mei 2016 het ek, Nia Nell en Nadine deelgenem aan 'n TV program vir VIA TV. Ek en Simeon het ook by Pasella gekuier en gaan "roller coaster" ry by Gold Reef City en ook gaan leer hoe om pasta te maak.

Ek laat weet sodra ek weet wanneer hierdie programme uitgesaai gaan word.

Ek en Tjokker kuier met ons kinderprogram hierdie jaar by die innibos fees. Kom maak gerus 'n draai by ons optrede, een keer 'n dag Woensdag - Saterdag by die apies innibos verhoog.

2016 - 'n Nuwe jaar

2015 het vir my afgesluit met 'n redelike groot voetoperasie. Ek is dankbaar dat dit goed afgeloop het en ek herstel baie goed. Tenspyte van gips en 'n rolstoel was dit weer my voorreg om op 24 Desember Badplaas oord se kersliedjie program op 24 Desember te kon aanbied. Dankie aan Simeon en Marius vir julle saam sing en saam speel.

My program begin weer volstoom in Februarie. En soos gewoonlik lys ek my optredes hier op my webwerf.

Ons beplan ook reeds aan Sonja & Tjokker 3, en hoop om dit teen die tweede deel van die jaar reg te hê.

Ek bid dat 2016 tog vir ons almal goed sal wees, tenspyte van wat voorspel word. Kom sê asb hallo, as ons paaie dalk erens in die jaar kruis.

Liefde
Sonja xx