News: 2014

somer kersfees 2014

Somer Kersfees op 30 & 31 Oktober by die Centurion Teater. Ek, Simeom, On-Que en Marius Marais sing nuwe en bekende kersliedjies. Ons vier die begin van die Kers-seisoen. Kaartjies by die teater of computicket.

Liefling - die musiekspel

Van 12 Desember tot 4 Januarie 2015 is Liefling die musiekspel op die planke in die Teatro by Montecasino. Ek vertolk die rol van Linda, liefling se Ma selfde soos wat ek in die fliek gespeel het.
Kaartjies by Computicket

TV Aug en Sept 2014

Op 31 Aug gesels ek op die TV program JAM op kykNET Musiek en op 25 Sept kuier ek en Simeon by Hoor Hoor, ook op kykNET.

Nuwe kinder DVD

1 Augustus 2014
Die nuwe Sonja en Tjokker 2 DVD is ook nou beskikbaar by musiekwinkels of hier op my webwerf.

Nou Beskikbaar!! - Sonja & Tjokker 2

Ons tweede kinder cd, is nou beskikbaar, hier op my webwerf of by 'n goeie musiekwinkel. Hierdie keer sing ek en Tjokker geestelike kinderliedjies, 'n paar splinternuwes sowel as ou bekendes liedjies.

Ons nuwe DVD sal ook eersdaags beskikbaar wees!!

Rooi Rose

Junie 2014
Ek en my dogter Claudia gesels in die huidige Rooi Rose in 'n artikel oor die liefde en lewenslesse.

JAM - kykNET musiek

Sondag 15 Junie 2014 saai die musiekprogram "JAM" 'n fotoboek insetsel van my uit.
kykNET Musiek kanaal 146 @ 21:00 - 23:00

Kokkedoor

Donderdag 15 Mei is ek 'n gas op die kykNET Tv program Kokkedoor.
kykNET 20:00

Sonja en Tjokker - ONS WIL SING

April 2014
Ons is tans besig om te werk aan die nuwe Sonja en Tjokker DVD en CD. Die titel van die CD en DVD is Sonja en Tjokker "Ons wil sing" - geestelike kinderliedjies. Lees meer

'n Terugblik op 2013

'n Tydskrif wou onlangs by my weet van 'n gunsteling oomblik of uitsonderlike herrinnering die afgelope jaar tydens
een van my motiveringsoptredes, sowel as een van my kinderprogramme.

My antwoord was soos volg:
Daar is soveel vroue wat na 'n motiveringsprogram met my kom deel dat dit vir hulle gevoel het asof ek net met hulle gepraat het. Een Engelsprekende vrou het onlangs na 'n program in my oor kom fluister: "I have been praying for an answer for two weeks now, and this morning after listening to you, I got my answer."
Lees verder