News: 2013

Vrouekeur - Januarie 2014

Ek, Rina en Carike is saam op die voorblad van die Januarie 2014 uitgawe van die Vrouekeur tydskrif.

Kaaptoer 2014

Ek maak gewoonlik een keer 'n jaar 'n draai in die Kaap en gaan dv 24 - 28 Februarie 2014 in die Weskusarea wees en dan 1 - 8 Maart Kaapstadarea. Daar is nog hier en daar 'n datum oop en ek en Tjokker is beskikbaar om met ons kindervertoning, dalk by jou skool of kerk. As jy dalk belangstel in 'n vertoning stuur gerus vir ons 'n e pos, dalk kan ons iets reel om dit in te pas.

Sonja & Tjokker - Oos-Rand Stereo

9 September 2013
Ek en Tjokker is hierdie week Ster van die week op Oos Rand Stereo. Ons gesels bietjie oor ons kinder CD en DVD. En ek vertel ook bietjie wat Tjokker alles aanvang by ons vertonings.

Ons kuier ook binnekort gedurende die skoolvakansie aan die Oosrand. Lees verder

Sing vir die Harlekyn - DVD

My 1980 rolprent "Sing vir die Harlekyn" is nou op DVD beskikbaar, en kan ook hier op my webwerf gekoop word. Kiek hier

Tekkie Tax Vrydag 31 Mei

Ek en Tjokker neem op 31 Mei deel aan die liefdadigheids projek "Tekkie Tax". Jy kan ook deel word en jou tekkies dra ten bate van liefdadigheid. Al die inligting is beskikbaar by www.tekkietax.co.za

Lig April 2013

Ek en Simeon is op die voorlad van die April uitgawe van die LIG tydskrif. Dankie Adri-Louise, Ilse, Patrick, Leigh en Claudi vir die geleentheid die mooi storie, fotos, klere en grimering.

Ek is dankbaar vir die geleentheid en dankbaar teenoor Simeon, alles is maar net genade!!

GHOEMA nominasie 2013

Ek en Tjokker is genomineer vir 'n GHOEMA toekenning vir beste kinder album / DVD vir 2013. Die toekennings vind plaas op 14 April 2013. As jy vir ons wil stem sms slegs die kode R5 na 41808. Sms'e kos R1.50 en daar kan vanaf 4 Maart tot 4 April gestem word. Slegs 20 stemme per selfoonnommer.

Kaap toer 2013

Van 22 Februarie tot 9 Maart 2013 kuier ek in die Kaap. Ek stel meestal my Sonja en Tjokker kinder DVD bekend, bied my musiekmotiveringsprogram aan en hou 'n spesiale piekniek-konsert 23 Februarie in Rawsonville by Picardi place en dan later ook 'n konsert in Plumstead. Al die inligting van die optredes is op my web in die gebeure area!