2012

Die Desembervakansie is verby en dit voel soos 'n vér gedagte, want 2012 stoom voort teen 'n tempo.

Ek het wel bietjie kon opvang met leeswerk oor Desember en het veral M. Scott Peck se opvolgboek "Further Along The Road Less Travelled" en Andy Stanley se boek "Enemies of the Heart" baie geniet. Ja ek stem saam met M. Scott Peck "Life is Difficult and Complex" en die mate waartoe ons positief gaan wees, fokus op oplossings en bereid gaan wees om te leer en te groei, is die mate waartoe ons sukses gaan behaal. Ek sien dus uit om te leer en te groei in 2012. . dit is dalk nie altyd lekker nie, maar ek glo dit is deel van die pad na sukses.

Ek en Simeon het weer gekombineer met 'n vertoning laas naweek by die Centurion Teater.
Hierdie keer het ons 'n 3-stuk orkes gebruik en Simeon het van die liedjies gesing wat op sy nuwe album gaan wees. Dit is altyd 'n uitdaging om so 'n vertoning vir net een aand bymekaar te kry, en ek is bly dat dit suksesvol afgeloop het. Die terugvoer was geweldig positief, want ek dink die vertoning het iets vir almal gebied en veral my 10-min keurspel agter die klavier, het positiewe reaksie ontlok. Daar is nog 'n paar van hierdie optredes in die pypyn vir 2012. Hou gerus die gebeure afdeling dop.

My kinderalbum is klaar en ek hoop dat dit teen einde Maart of begin April in die winkels beskikbaar gaan wees. Die album "Sonja & Tjokker - sing kinderliedjies", is my eerste kinderalbum en bevat 22 snitte waarvan die meeste oorspronklike nuwe liedjies is. Tjokker is my opregte Kaapse hondjie "Pêl" en ek en hy sing en vertel saam vir die kinders die liedjies en stories. Hierdie is vir my 'n nuwe uitdaging . . hou gerus hierdie spasie dop vir meer inligting.

Vir die res van 2012 fokus ek steeds op my musiekmotiveringsprogram "Die Hartklop van 'n Pêrelvrou" Dit is en bly my passie. Ek hoop om dit gedurende 2012 uit te bou na 'n nuwe vlak toe met 'n groter impak.
Daar is so baie kunstenaars in Suid Afrika wat 'n positiewe opbouende impak maak, op verskeie tereine en ek hoop ek kan steeds op hierdie gebied 'n bydrae lewer.

Ek is dankbaar, want my gesontheid is goed, al begin die oë so 'n bietjie sukkel. Maar die Here se genade is vir my baie groot!!

Voorspoed vir elkeen wat hier lees en mag 2012 vir jou 'n goeie jaar wees.

Liefde

Sonja

Kommentaar

Centurion Teater Vertoning

Dit was voorwaar 'n groot sukses. Dit was baie mooi en jul kan gerus weer so maak. Mag 2012 vir jul net mooi en goed wees. Liefde Erica

Pêrelvrou by uitstek

Sonja jy is voorwaar 'n pêrelvrou en jy is 'n inspirasie vir duisende vroue wêreldwyd. Ek bid vir jou net voorspoed en seëning vir die jaar wat voorlê en dat die Here jou vir nog baie jare sal spaar en jou werk sal seën sodat jy kan aanhou om vir ander so 'n groot inspirasie en seëning te bly. Jy het 'n hart van goud en mens voel so gemaklik en gemin in jou geselskap.

Baie Liefde en God's rykste seën

Lynnette de Jager

2012

Dki vir die update Sonja. Voorspoed vir jou en jou gesin ook!