Gasteboek

Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.

Neeltjie

Sonja dit lyk baie goed! Ook al die foto's is regtig pragtig! Jy lyk ongelooflik goed! En wat vir my wonderlik is is dat dit lyk of jy goed doen met jou program en baie mense raak op die regte, eerlike, liefdevolle Sonja manier! Mooi so! Doen so voort! Ek wens jou baie seen en vreude toe! Lekker Kersfees hou en onthou om te rus!!!!!!!
Neeltjie Bower'+'degraaff@'+'it.'+'bw'+'');
//-->

www.grasslandlodge.com

Kommentaar deur Sonja Herholdt
Dankie Neeltjie, geseënde kersfees vir julle ook.
christa

Sons,

Jou nuwe webwerf is pragtig, wat 'n manier om die jaar mee af te sluit!!!! Ons hier in Oudtshoorn verlang na jou , wanneer kom wys jy weer oe?

Liefdegroete
Christa en Mia

Kommentaar deur Sonja Herholdt
Dankie Christa & Mia, ek is einde Maart 09 weer in julle omgewing. Sal laat weet as ek dalk in Oudtshoorn stop.
magda

Hallo Sonja
Jy is 'n groot inspirasie in my lewe. Baie geluk met jou nuwe webtuiste, dis ongelooflik besonders. Jy is van binne en uiterlik besonders pragtig. Ek bewonder jou al van kleins af. Wanneer het jy weer 'n optrede in Kaapstad? Sterkte met jou loopbaan.
Groete
Magda

Kommentaar deur Sonja Herholdt
Beste Magda, dankie vir jou kommentaar, ek is weer Junie 2009 in Kaapstad. Hou gerus die web dop.
mpienaar

Hallo Sonja,

Die nuwe website is baie besonders. Baie geluk! Jy's nog altyd 'n groot inspirasie en 'n ongelooflike voorbeeld vir elkeen van ons - baie dankie hiervoor!

Mooi bly!
MARTIN

Kommentaar deur Sonja Herholdt
Dankie Martin!
Wouter

Hi Sonja,
Hoekom is ek nie verbaas oor jou baie oulike nuwe website nie? Dis tog vanselfsprekend: Ur the best mam! Dit komplimenteer inderdaad die vele talente, gawes en vermoëns waarmee die Here jou so ryklik in oormaat geseën het. Mag jy altyd 'n bruikbare instrument tot eer van Sy Naam wees.
Seënbede.
Wouter.

Kommentaar deur Sonja Herholdt
Dankie Wouter, ja dit is net genade!
Raymond Harry

Dear Sonja
Congratulations on your new very beautiful website. I am glad that you have reintroduced the guestbook.
It was kind of you to include my letter explaining how I have become energised at the end of 2008.
Your fan
Raymond

Kommentaar deur Sonja Herholdt
Dear Raymond, thank you for your kind words. I trust that the guestbook will become a place of inspirational feedback
thelma nel

Liewe Sonja,
Jou nuwe website lyk stunning net soos jy. Jy is 'n groot inspirasie in my lewe en ek wens jou alle sukses toe met jou loopbaan, lewe en liefde. Mag God jou seen met genoeg shows hierdie komende jaar en vorentoe om jou finansieel onafhanklik te maak. Ek is lief vir jou en jou vriendskap vir my beteken meer as wat jy ooit sal weet. You Go Girl!
Liefde
Thelma Nel xx Nelspruit

Kommentaar deur Sonja Herholdt
Dankie Thelma, YOU GO GIRL TO!!!