Gasteboek

Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.

Raymond Harry

Dear Sonja
I wish you a happy and prosperous 2014.
I saw you and listened to your song on Bravo, on TV last night. Thank you.
Your fan
Raymond

cornels

hallo Sonja.
ek wil net graag met jou deel na my ma se afsterwe op 17 oktober die jaar toe ons haar goedjies oppak kom ek toe tussen haar cd op joune af perels. met n baie seer hart het ek na al haar cd geluister onderandere ook perels en die liedjie jy vloei was vir my so mooi en rustig dat ek dit dae lank op repeat gesit het in my kar. en vandag is dit twee maande en die gemoed vandag weer swaar so die liedjie gaan beslis weer geluister word. baie dankie daarvoor dit het my baie gehelp.

Raymond Harry

Dear Sonja
Happy birthday for the 1 December. May you have many more happy birthdays.
Your fan
Raymond Harry

Jana

Liewe Sonja

BAIE DANKIE VIR DIE WONDERLIKE KANKERTEE OGGEND HIER IN GROBLERSDAL IN SEPTEMBER. DIT WAS ONGELOOFLIK. HET LEKKER GELAG EN OOK `n TRAAN OF TWEE GESTORT.

GROETE
JANA

Salome Schubert

Liefste Sonja
Dankie dat jy is wie jy is en dat jou menswees soveel lewens raak. Jy is 'n inspirasie vir almal wat jou ken en sien. My sus is 'n onderwyseres by Laerskool Jongspan en die kleingoed en onderwysers het jou almal ewe veel geniet. Dankie dat jy soveel van jouself gee om ander se lewens te verryk! Jy is kosbaar en baie spesiaal!

japiek

Sonja,
Die CD Perels is absoluut fantasties! Het dit onlangs via die website bekom. Luister daagliks daarna op pad werk toe. Die liedjies raak beslis aan my hatsnare en al die ou wonderlike liedjies op CD2 vat my darem ver terug!! Absoluut uitstekend!!!

minnie

Tannie Sonja
Ek het die dvd N' Voetpad Na Vrouwees gekoop en die cd She Princess. I LOVED IT!! Dit was baie nice om te sien hoe tannie n verskil maak in lewens en ek het die dvd sooo geniet. Tannie moet nog sulke dvds uitbring. Ek wil baie graag vir tannie ontmoet en net vir tannie se hoe dankbaar ek is om so rol model te he. Keep at it because you are my superstar!! Lief vir tannie baie en hoop om tannie gou te sien. (JES 29:11)
Groete en Liefde
Monique

cornecrouse

Beste tannie Sonja

Ek is mal oor die skoene wat tannie aan gehad het in die nuwe Finesse op bladsy 20. Tannie lyk altyd so mooi. Ek is mal oor tannie se musiek. Mense dink ek is weird om dat ek 16 is en nie na pop musiek of moderne musiek luister nie, maar na tannie se musiek luister. Ek gee nie om nie. Tannie is die beste. Lief tannie baie. Heel bo aan my bucket list staan "wil vir Sonja Herholdt ontmoet". Ek wil vir tannie baie graag ontmoet. Tannie inspereer my en motiveer my, dankie daarvoor. Lief vir tannie. Tannie is die beste in die wereld. Ek sal tannie ondersteun 'no matter what'.
Liefde
Corne crouse'+'Cornecrouse@'+'gmail.'+'com'+'');
//-->

cornecrouse

Beste tannie Sonja

Hello Tannie Sonja. Ek wil net se tannie het 'n baie mooi stem. Tannie trek altyd so mooi aan. Tannie is my insperasie. Ek luister na tannie se musiek van dat ek 4 jaar oud is en ek is nou 16. Tannie is en sal altyd my gunsteling bly. Tannie se persoonlikheid is vir my fantasties. Ek is geinspereerd dat tannie altyd jouself is en dat tannie trots is op wie tannie is. Tannie is beeldskoon, dit lyk of tannie nog 24 is. Tannie raak net nie ouer nie. Tannie mag dalk 60 wees, maar tannie lyk nie 60 nie. Ek is mal oor tannie se musiek. Ek wil net se DANKIE. Dit is my droom om eendag vir tannie te ontmoet voor dat ek nog sterf. Liefde corne crouse. (Ek se maar net ek is n meisie) Lief tannie baie!

Geluk met tannie se verjaarsdag.

Raymond Harry

Dear Sonja,
Happy birthday. May you have many more happy and joyful birhthdays.
Your fan
Raymond

Frankie006

More Sonja,
Eerste wil ek se jou Web Bland is pragtig - Ek wil ook baie geluk wens met jou virjaarsdag vandag,mag jy so wonderlike bly vir altyd, as kind het ek altyd na jou pragtige lietjies geluister en vandag nog en ek is al in my vyftigs al. Ek is al 28 jaar in die begrafnis bedryf en ek geniet my werk baie, vir my is dit nie werk nie maar ropping, jy het by n paar dienste vir families op getree en dit was wonderlike om jou stem te hoor, dit het sommer n knop in my keel gelaat en traan wat geloop het. Soja jy moet great dag he, moenie worry oor die oderdom nie - ons word net beter met tyd soos lekker bottel rooi wyn, ons as gesin sal altyd na jou pragtige liedere luister. Have a great day.
Met baie liefde en groete
Van
Frank & Aletta Bingle

Frikkels

Beste Sonja

Ek wil vandag op die 1ste Des 2012, vir jou net die mooiste toewens op jou geboortedag herdenking my beste wense vergesel jou op jou lewenspad en mag ons Hemelse Vader jou nog lank sal bewaar vir almal. Jy is 'n ster vir baie mense. Jy was en is die beste en ek is nog mal oor jou musiek en sang dit sal so bly totdat ek my kop neerle.

Nogmaals dankie
Frikkie Deyzel

Hermien

Die oase in die dorre woestyn. Dis wat ek gevind het in die biografie en die woorde van die liedjies. Dit is wat my laat besef in elkeen van ons as vrou is daar die perel, veilig toegevou en omskulp, om slegs oop te maak wanneer die tyd sou aanbreekom dit te doen. Maar in die lewensloop van ons as vrou is daar die stropers, wat jou steel, jou breek en nie die ware egtheid van jou as perel sien, en jou veruil vir die materialistiese honger van die gieraard. In die rubrieke het ek troos kom soek en gevind. En in die proses myself begin vind. Dankie Sonja vir motivering, vir die reg dat ek as vrou en moeder mag huil en mag vreugde vind in elke lag van my kinders. God's Seen bid ek jou toe.

sonstraal

Liewe Sonja,
Ek en my beste vriendin het jou vertoning by RHK Gereformeerde Kerk bygewoon en dit so geniet dat ek die DVD/CD combo vir my skoonsus gekoop het. Sy was so ge-inspireerd nadat ons die DVD saam gekyk het en voel nou meer toegerus om terug te keer Auckland toe.
Jy is 'n pragtige mens, doen so voort! Mag die Here jou seen op jou pad vorentoe!
Groete, Tessa en Melanie

boersema

Liewe Sonja,
Baie, baie dankie vir 'n wonderlike vertoning vanoggend in Ermelo. Ek dink jy het regtig tot elke vroue hart gespreek. Die lewe is 'n reis vol opdraende en afdraendes. Baie dankie dat jy jou "mens wees" met ons gedeel het. Dankie vir jou al jou liefde en vriendelikheid. Jy en Mike is voorwaar 'n wenspan. Baie seen en voorspoed.
Liefde Erica

philipvw@webmail.co.za

Sonja en Mike

Baie dankie vir 'n fantastiese belewenis en 'n ondervinding ek sal hierdie vertoning vir almal en nog wat aanbeveel dit was 'n ervaring en 'n half, weereens baie baie dankie vir jul liefde en warmte.

Groete

Philip en Susan

sonstraal

Hallo Sonja, Ek stem saam met Franci! Die aand was ongelooflik en jou vertoning uiters professioneel! Jy is 'n ongelooflike spesiale kind van God en die erkenning aan Estelle was so besonders. Jou cd het ek destyds by Natalia oord gekoop, dis so kosbaar.
Groete, Melanie en Francine

Franci Bezuidenhout

Hallo Sonja, ons was saterdag aand by jou Perelvrou vertoning in Pretoria. Dit was fantasties. Ek was driekwart van die tyd in trane omdat dit so mooi was. En jou erkenning aan Estelle was onvergeetlik. My 2 seuns kannie wag vir die tjokker dvd nie! Hulle hou nou ook net so baie van jou soos hulle mamma. En jou lied saam met jou seun is tans my heel gunsteling lied!!! Liefde en groete......

louise73

Hi.
Ek is opsoek na 'n liedjie wat jy op 'n Afrikaanse treffer gesing het. Die liedjie se naam is: Niks geweet nie. Ek het die CD verloor. Dit was 'n kassie met verskeie kunstenaars met 'n helder blink blou streep in die middel. En ek is regtig opsoek na die liedjie asb.

Groete
Louise

boersema

Jou vertoning in Centurion Teater die 18de Augustus was puik!! Die lied "I'm forgiven" is pragtig en moet jy dit dalk opneem. Baie mooi Sonja en Simeon. Liefde en sterkte met jul optredes. Erica