Hoe om gelukkig onafhanklik te leef

Printer-friendly version

HOE OM GELUKKIG ONAFHANKLIK TE LEEF

© Sonja Herholdt

Ons soek almal na liefde en aanvaarding en volgens statistieke is meeste vroue se grootste vrees - armoede en eensaamheid.

In elke vroue-hart leef 'n kleindogtertjiedroom om gered te word deur haar ridder, omdat hy vir haar baie lief is en omdat sy ‘n sinvolle bestaan het. Die probleem is dat ons grootword uit 'n kultuur - dalk tradisie - dat ons self-waarde afhang van die aanvaarding en liefde van iemand wat vir ons moet sorg of sekuriteit bied.

Ek glo dat ware liefde in 'n verhouding moet altyd vir albei partye geestelike groei inhou - anders is die liefde iets anders. Dis dalk 'n besetting van iemand, of selfopofferend, of 'n afhanklike liefde - en dis nie ware liefde nie en so 'n verhouding groei selde.

Indien jou liefde en aanvaarding en geluk van iemand anders afhang - het jy nooit geleer om jouself lief te hê nie. Mens kan net iemand anders liefhê tot die mate wat jy jouself liefhet. Liefde is wat liefde doen.
Ek besef dat my verhouding met die persoon in my lewe moet berus op die feit dat ek hom lief genoeg moet hê sonder om hom "nodig" te hê.

Want is dit nie so dat die enigste ware sekuriteit in die lewe daarin lê dat jy die onsekerhied van die lewe moet koester en waardeer nie?

In ‘n verhouding glo ek aan onafhanklikheid voor betekenisvolle inter-afhanklikheid, want dit is tog so waar dat "Shared happiness brings meaning to life"

As ek my eie waarde so kan ontwikkel om my vertroue te stel in die intuitiewe leiding van die Heilige Gees sonder om daarvoor toestemming hoef te vra - sal ek my geborgenheid daarin vind. Ek besef dit verg waagmoed om die vrees vir die onbekende so te trotseer, maar daarin lê ons groei tot onafhanklikheid.

Jy is nie vir iemand gebore nie - jy is vir jouself gebore. Jy gaan alleen doodgaan.

Ek glo dat ons nie 'n gees van vrees ontvang het nie, maar van liefde krag en selfbeheersing (1 Tim 2 v 7)
Vrees laat jou jouself en die wêreld om jou saboteur - en so verloor jy respek vir jou eie gees - jou selfwaarde.

Dis moeilik om nie lief te wees en respek te hê vir iemand wat respek en liefde vir haarself het nie...

Kommentaar

Hoe om gelukkig onafhanklik te leef

Ons almal streef daarna om n "significant other" in ons lewe te he. Meeste getroude pare het n "other" alhoewel nie noodwendig " significant" nie! Die vraag is: moet ek by my man bly as hy my verkul, verbaal en/of fisiek aanrand? Sommige getroude vroue bly in n verhouding omdat hul nie vir hulself kan sorg nie en hou n front voor van geluksalige samesein.

Ek het dit nie gedoen nie. Miskien is ek verkeerd, want nou op 52 is ek alleen, en moet hard werk om in my daaglikse behoeftes te voorsien. Gelukkig het ons Hemelse Vader my geseen met n goeie werk en inkomste ( ek werk vir myself).
Ek weet van meer as een getroude vrou wat dit maar "uitgetuff" het en nou saam met manlief aftree en die wereld vol rinkink. Wie sal ooit weet wie die gelukkigste is:
Ek, wat vir myself sorg maar alleen is. Neem in ag dat ek onafhanklik is, my eie ding doen en im my eie daaglikse behoeftes kan voorsien.
Of is dit dalk Sannie, wat nou nie hoef te werk nie, maar nog daagliks moet saamleef en afhanklik is van Kosie se groot salaris. Wie sal ooit weet?
Enkellopende vroue word maar nog steeds gesien as "sad and lonely" selfs al verkies ons dit so. Niemand kan glo dat jy sonder n man gelukkig kan wees nie.

Hoe om gelukkig onafhanklik te leef

Baie dankie hiervoor, dit beteken voorwaar vir my baie! Groete Erna

HOE OM GELUKKIG ONAFHANKLIK TE LEEF

DIT IS PRAGTIG GESTEL.

DIE BYBEL SENIE VERNUUT - JY MOET JOU NAASTE LIEFHE SOOS JOUSELF NIE. EIE LIEFDE EN AANVAARDING IS VAN KARDINALE BELANG. EN DIT IS DIE WAARHEID - ELKE MENS IS VERANTWOORDELIK VIR SY/HAAR EIE GELUK. IEMAND ANDERSKAN DIT NOOIT VIR JOU GEE NIE.

EK LEEF ALLEEN SAAM MET MY TWEE KINDERS, EN DIT IS AWESOME!!

EK RESPEKTEER DIT WAT JY SE-BAIE GROOT WAARHEID.

GROETNIS
WILNA KRUGER