Die ABC’s (en Z!) van goeie voedingswaarde in jou diëet

Printer-friendly version

Die ABC's (en Z!) van goeie voedingswaarde in jou diëet:

Aminosure - die neurotransmitter serotonien vervoer senuwee-impulse tussen neurons (oftewel senuweeselle). Wanneer serotonien-vlakke in die brein daal, kan dit mens se bui beïnvloed om angstig en gestres te voel. Serotonien bestaan uit die aminosuur tryptofaan wat voorkom in vis, kalkoen, hoender, kaas, tofu, hawermout en eiers. Dit is belangrik om onverfynde koolhidrate saam met hierdie kosse te eet vir die serotonien-vlakke in jou brein om te styg.

B vitamiene - veral B12 en foliensuur (ook ‘n B vitamien) is noodsaaklik vir optimale serotonien-vlakke in die brein.

Chromium en koolhidrate - koolhidrate verhoog die brein se serotonien (daarom kan ‘n mens soms moeg voel na ‘n groot koolhidraat-ryke maaltyd soos pasta, want serotonien maak ‘n mens lomerig ook). Glukose, wat ook ‘n koolhidraat is, is die brein se hoofbron van energie. Die mineraal chromium is belangrik om bloedsuikervlakke stabiel te hou omdat insulien wat glukose uit die bloed verwyder, nie behoorlik kan werk sonder chromium nie. Chromium is bewys om as anti-depressant te werk in gevalle waar mense aan depressie ly met gevolge van gewigstoename, koolhidraat-belustigheid, chroniese moegheid en oor-sensitiwiteit.

D vitamien - soos meeste van ons weet, is daar ‘n verwantskap tussen ‘n tekort aan vitamien D en gemoedsversteurings. So eet genoeg vitamien D-ryke kosse en gaan soek ‘n bietjie sonlig (natuurlik nie sonder sonskerm nie!)

Essensiële vetsure - hierdie vetsure is voedingstowwe wat die liggaam nodig het maar nie self kan produseer nie, en daarom is dit noodsaaklik dat ons dit deur ‘n gebalansseerde diëet inneem. Die vetsure maak ‘n groot deel van die lipiede (of vette) in die brein en senuwees uit. Omega-3 vetsure is deur navorsers aangewys as ‘n voedingstof wat depressie kan voorkom, wat sin maak as mens daarin dink dat hierdie Omega ‘n effek op die neurotransmitter-paadjies in die brein het.

Sink (of Zinc soos in Engels) - hierdie spoormineraal bevorder die ensiem-reaksies in elke liewe sel in die liggaam, wat dit biologies baie relevant maak. ‘n Tekort hieraan kan ‘n mens se gemoed, optrede en leervermoëns affekteer.

Onthou dat verfynde suiker en koffie groot sondebokke is wanneer dit kom by depressiewe gevoelens

BRON: Natural Medicine uitgawe 68, Feb 2011

Liggaamswerk soos masseringsterapie en refleksologie bevorder die vrystelling van endorfiene (die "happy hormones" wat ook tydens fisiese oefening vrygestel word) en help om alle liggaamstelsels te balansseer.

Helena doen o.a. maseringsterapie en refleksologie
Sy praktiseer in Linden Johannesburg en kan gekontak word by: