Tina Martin

Sy bly op die plaas van Hendrik en Noeleen Putter naby Jansenville in die Oos-Kaap. Dit is vir my 'n voorreg om vir haar erkenning te gee omdat sy so selfloos besluit het dat haar taak is om haar moeder - Griet, op te pas en te versorg. Haar ma het op 'n redelike jong ouderdom 'n beroerte gehad en as gevolg daarvan is haar liggaam aan die een kant verlam. As Griet haar nie versorg nie - is daar niemand anders wat na haar kan omsien nie. Die spreekwoordelike "Werp jou brood op die water, want na vele dae sal jy dit weer terugvind" is vir my op Tina van toepassing. Sy doen haar taak met soveel liefde en toewyding en sy lewe 'n voorbeeld! Dankie Tina.