Mary-Ann Taljaard

Mary-Ann is die eienaar van Smiley Kids Sunward Park aan die Oos Rand. Sy het twintig personeellede en een honderd en veertig kinders onder haar sorg - wat wissel van babas tot kleuters en naskoolkinders. Wat 'n onderneming om te bestuur! As jy haar so kyk sal jy nooit dink dat sy eintlik haarself ongelooflik hanteer nie: sy het in haar breinstam 'n opgeswelde aar wat soos 'n moerbei lyk; as een van die blasies bars kan bloed deursyfer na die brein wat baie skadelik kan wees. Dit kan 'n kortsluiting veroorsaak in haar brein. 'n Operasie is buite die kwessie en sy moet daarmee saamleef en aanpassings maak. Sy sukkel met erge, konstante hoofpyne en moet baie hard konsentreer om klein dingetjies te doen. Sy mag nie motor bestuur nie en sy mag nooit alleen wees nie; enige verandering in haar toestand moet onmiddellik aan die dokter gerapporteer word. 'Wat n voorbeeld is sy nie vir ons almal nie! Daar is 'n slagspreuk oor uithouvermoƫ wat sy nie net uitleef nie, sy verpersoonlik dit: 'she does not only survive, she prevails'.