Hierdie spesiale vrou se man het 'n beroerte gehaad weens 'n anarisme. Dit het veroorsaak dat hy totaal hulpeloos is en dat hy skaars kan loop. Sy moet hom help eet en hy dra ook doeke wat nogal heelwat kos. Om haar te help oorleef het sy in haar woonstel 'n klein haarkappertjie begin. In die hele moeilike proses is haar oudste seun op die ouderdom van 30 oorlede en haar jongste seun woon in Londen. Mens kan seker sĂȘ dat sy totaal op haar self aangewese is om die situasie te hanteer. Boonop is haar enigste karretjie toe ook gesteel. Maar ontmoet haar en praat met haar - dan kom jy agter dat daar 'n innerlike sterkte is wat haar dra. Jy is 'n merkwaardige vrou Marie. Dankie vir die voorbeeld van positiwiteit.