Hierdie vrou is geskei en maak haar dogtertjie alleen groot. Sy het 'n groot finansiële knou gekry toe sy haar besigheid verloor het. Sy ontmoet toe daarna wie sy geglo het haar droomman sou wees; uiteindelik sou ware geluk haar voorland wees! Maar sy het uitgevind dat hy haar verneuk en toe sy hom daaroor konfronteer het hy haar in sy woede aangerand. Sy skei nou weer en bly by haar broer in sy woonstel. Onlangs het haar ou motortjie ook nog die gees gegee, maar ten spyte van al die terugslae dobber sy soos 'n kurkproppie op die water wat jy net nie kan onderdruk of onderkry nie. Maloe, jy is 'n voorbeeld en 'n wonderlike sterk vrou, al voel jy nie aldag self so nie. Ek eer jou vir wie en wat jy is.