Tannie Fief de Wet, soos baie haar noem by die skool het al 13 jaar gelede, uit diens getree, maar sy het nou al jare die RO klas by die skool en is maar die maatskaplike werker, sielkundige, geld en kosvoorsiener - alles-in-een - vir menige kind en sommer ook die oor en die skouer om op te huil vir menige personeellid. Sy is voorwaar die Moeder Teresa van die skool. Nieteenstaande dat sy 'n kankergewas in haar gesig moet beheer, 'n hartomleiding moes ondergaan en haar cholestrol-vlakke moet beheer en 'n onlangse oogoperasie moes ondergaan, bly sy getrou op haar pos. Toe ek moes regmaak vir die vertoning kon ek in haar klaskamer aantrek en ek wens julle kon die verwelkoming van lekkers op die tafel sien met en 'n liggie en 'n spieƫl om by aan te trek en 'n kragprop om my hare te doen. Die klaskamer was 'n klaskamer vol liefde en aanvaarding. Sonder haar by die skool sal dit NOOIT WEER dieselfde wees nie. HAAR LEEFSTYL IS 'N GETUIENIS VAN WIE SY IS!!