Hierdie fenominale dame is gestremd gebore met ‘n verwronge rug. ‘n Sogenaamde "Harrington rod" is in haar rug geplaas op 6 jarige ouderdom om haar rug weer reguit te trek. Ten spyte van haar gebrek het sy wonder bo wonder 3 skrander kinders normaal in die lewe gebring. Sy is ‘n enkel ouer- en broodwinner aangesien haar man geen verantwoordelikheid neem nie. Hy het sy werk verloor as gevolg van ‘n drankprobleem. Ten spyte van hierdie emosionele probleme wat sy moet hanteer -het sy haarself onderskei in ‘n baie uitdagende pos en hard gewerk om die mas op te kom. Sy lewer tans uitstekende diens tot groot voordeel van die maatskappy. Bo en behalwe haar beroep - werk sy met ywer om die woonbuurt waarin hulle woon - wat ook sy kwota eise het - op te hef. Haar positiewe geaardheid dra hierdie besondere vrou!