On March the 11th, at my show "die Hartklop van Vrouwees" in Kimberley, a very striking lady approached me.
Her eyes shone and she shared with me her story what had happened in her life, since she attended my programme, that I presented in Kimberley in 2008.
I asked her to please put it in writing, and when I read it, it was so inspiring to me, that I decided that other women should hear her story.
I would like to give her recognition on the website, for being such a strong inspiring person, and such a role model for her children and for many.
I am humbled by the fact that what I shared the first time she heard my programme, inspired her to stand up for herself and not allow people and life to mess with her and her children anymore. That is a "gutsy" thing to do!
Here she shares her story.
Liewe Sonja,
Vandat ek jou program wat jy vir vroue aanbied, die eerste keer in 2008 gesien het, was jy vir my die inspirasie en die motivering tot die besluite wat ek in my lewe tot dusver geneem het.
Dis altyd moeilik om woorde in so manier oor te dra sodat dit my storie kan vertel...."but here goes".
In 2008 het ek ‘n krisistyd in my huwelik van 12 jaar beleef. Eintlik was die krisisse maar altyd daar - ek het maar net gekies om dit te ignoreer met die hoop dat dit sou beter word. Wel, soos jy self weet, dit werk nie so nie.
Op daardie stadium het ek in die week by my skoonouers gebly en naweke my en my kinders se goedjies getrou ingepak en huistoe gegaan. Ek was die broodwinner in die huishouding en as gevolg van finansiele omstandighede was dit beter om die week in Kimberley te wees en naweke huis toe te gaan (Ritchie, waar my huis was, is ongeveer 35km uit Kimberley).
My lewe en wese het op daardie stadium uit baie onbeantwoorde vrae bestaan. Ek onthou die aand toe ek jou in 2008 gesien het was my gemoed swaar en die trane was vlak want my huwelik was aan flarde.Jou praatjie het my diep aangeraak en ek het tot die besef gekom.....EK MOET MYSELF WEER VIND.
Die vraag was: waar moet ek begin?
Ek onthou nog my pa se woorde die nag toe ek hom bel en vir hom vra of ek en my kinders mag "huis toe kom": "My kind, maak nie saak wat jy besluit nie, ek en ma sal jou ondersteun". Ek moet eerlik erken dat daardie tree (besluit) wat ek geneem het, die swaarste maar ook die bevrydendste was. Dit was letterlik ‘n tree om myself weer te gaan soek. Dit was die 3de Oktober 2008.
‘n Maklike einde was definitief nie in sig nie. Die maande het gesloer met die egskeiding, en my kinders moet terapie kry om die verlies te verwerk. Min het ek op daardie stadium geweet watter tsunami vir my nog voorlê.
Gedurende April 2009 moet ek die volgende skok verwerk, en ek moet uitvind dat my ex-man se seun, (hierdie jaar 19) uit sy vorige huwelik, my twee meisiekinders gemolesteer het, onderskeidelik 9 en 8 jaar oud.
Dit was vir my seker die naaste wat ek aan die hel gekom het.
Na teater ondersoeke, polisieverklarings, sielkundige berading, verwyte, beskuldigings deur die skoonfamilie en baie trane, staan ek vandag hier en besef dat ons (ek en my twee meisiekinders) sterker is.
My oudste meisiekind het vaginale en anale skeurtjies gehad wat gesond geraak het, my tweede is nie in dieselfde graad gemolesteer nie, maar haar maagdevlies is wel beskadig.
Op daardie stadium wou ek die seun met alle mag en geweld laat toesluit, en na maande se ontkenning deur hom, het hy in September 2009, tog erken wat hy aan hulle gedoen het.
Beter mens wat ek is, en ek moet erken dat die Here my hier gedra het, het ek tot versagting gaan pleit vir die seun se onthalwe by die Staatsaanklaer.
Nodeloos om te sê, het geen haan daarna gekraai nie.
Die seun is onderworpe aan programme wat hy moet deurloop anders kan die Staat hom nogsteeds krimineel vervolg. Gelukkig is hy nie woonagtig in Kimberley nie, so ek en my kinders se lewens is op hierdie stadium "normal".
Na al hierdie dinge, ‘n voortslepende egskeiding en my kinders se molestering, lag ek nog steeds. As dit nie vir hierdie "trademark" van my ...... en Genade van die Here, was nie, sou ek nie kon staande bly nie.
Na nege maande en R11 000 se prokureurskoste later, is ek uiteindelik op 15 Julie 2009 geskei. Uitgestap by die hof en my pa gebel en gehuil omdat die verligting so groot was.
Hier het ek besef -"dis my lewe, ek moet myself vind" moet my kinders sterker maak en hulle voorberei vir wat in hul toekoms voorlê.
Niemand het ooit gedink ek is selfsugtig nie. Baie het gesê hulle bewonder my vir my "guts". Daar was dae wat ek self gedink het - Hoe doen ek dit? Antwoord: Op my kniee, hoop en vertroue in die Here, ondersteuning van my ouers en my kerk, maats wees met my kinders en my glimlag!
Nou is dit al 17 maande vandat ek uitgetrek het. Ek het weer die "sparkle" in my oë terug en ek het ‘n verstommende 35kg verloor. Ek voel skitterend en word elke dag net jonger en jonger. Die lesse wat ek in die laaste 15 jaar van my lewe geleer het, dra ek oor aan my kinders.
Ongelukkig is ons as kinders deur ons ouers geleer dat jy vroeg trou net om nie in sonde saam te leef nie, en jy moet vroeg kinders hê, want die behoefte aan kleinkinders is tog so groot. So lief soos wat ek vir my kinders is en myself nie kan voorstel hoe alleen dit sonder hulle sal wees nie, wens ek dat hulle nie nodig gehad het om in hul kort lewetjies deur te gaan wat hulle deurgegaan het nie. Die Here sal my nog die krag, wysheid en woorde gee om hulle eendag te lei in gesonde verhoudings, en te sien hoe hulle dit beleef, omdat hulle daarin belê het.
Elke dag is vir my ‘n nuwe reis vol geleenthede en genade.
Daar is dae wat die eensaamheid ondraaglik is en dan is daar die dae wat ek weer doelgerig is. Dit is nie ‘n maklike golf om te ry nie maar ek weet ek sal sterker daaraan toe wees as ek eendag my voete op die strand kan neersit en sê.....EK IS HIER!
Ek wil vir jou en almal wat my gedra het, dankie-sê.
Meer woorde het ek nie.
Liefde
Carina Smith