Nuwe DVD & CD

Die DVD-opname van my motiverings-program "'n Voetpad na Vrouwees" sowel as my nuutste CD "She" is nou eksklusief beskikbaar hier op www.sonjaherholdt.co.za. Die DVD - "'n VOETPAD NA VROUWEES" was opgeneem tydens een van my aanbiedinge voor 'n gehoor. Op die DVD is daar ook bonusmateriaal oor Velsorg, Borskankerversekering en die Misterie van die luiperd. Die DVD opname is die resultaat van baie versoeke van reg oor Suid Afrika en bied my nou die geleentheid om 'n boodskap van hoop aan 'n baie wyer gehoor te bring. Tydens die "Voetpad na Vrouwees" program deel ek lewenslesse vanuit my lewenservaringe. Die program sluit baie musiek sowel as praktiese wenke en tegnieke in. Hierdie program is 'n unike kruis tussen 'n motiverings-praatjie en 'n musiek-aanbieding. With tales, home truths, much humor and music drawn from my own life experience, I believe 'n Voetpad na Vrouwees will be a touching experience and will richly reward all those who become part of it.

Die DVD sluit oa my vertolking van die volgende liedjies in:
1. - She
2. - Jantjie
3. - Waterblommetjies
4. - Scorn Not His Simplicity
5. - En Jy Vloei
6. - Winkelpoppe
7. - The Glory of Love
8. - Songbird
9. - When You Are Smilling
10. - I Will Survive
11. - Shine
12A. - Put A Little Love in Your Heart
12B. - Que Sera Sera
12C. - I Can See Clearly Now.

Die DVD sluit ook 'n voorlesing uit my Biografie - meisie van Nigel in, sowel as 'n video van Winkelpoppe na die voorlesing.

My nuwe CD - "SHE"
Op hierdie CD sing ek van die liedjies wat ek in my motiverings-program " 'n Voetpad na Vrouwees" aanbied sowel as 'n paar ander wat my na aan die hart lĂȘ. Die liedjies op hierdie CD het ek spesiaal gekies as die klankbaan van my lewe - en ek vertrou dat dit vir jou ook iets sal beteken.


So many women from all walks of life have asked me to place the songs of the show on a CD - so here you are: there it is. . . Ons het almal 'n klankbaan nodig omdat ons alledaagse lewens vol lag en trane is. Mag hierdie CD jou laat besef dat daar altyd hoop is.

"SHE" bevat 12 snitte:
1. - Calling
2. - She
3. - Scorn Not His Simplicity
4. - En Jy Vloei
5. - Winkelpoppe
6. - The Glory of Love
7. - Songbird
8. - When You Are Smilling
9. - I Will Survive
10. - Shine
11A. - Put A Little Love in Your Heart
11B. - Que Sera Sera
11C. - I Can See Clearly Now
12. - Dream A Little Dream.

Beide die DVD en my She CD is vir eers slegs hier op www.sonjaherholdt.co.za beskikbaar.