News: 2008

Voorspoedige 2009

Ek wens graag vir jou net die beste toe vir 2009!

 Ek is die laaste tyd diep onder die indruk van "the power of now". Dat ons 
moet leef vir die oomblik, en nie in die toekoms of die verlede nie! 
Vanuit my oogpunt van "hierdie nou" wil ek graag die volgende met jou 
deel:
 Ek weet nie wat jy oor die feestyd gedoen het nie - maar ek hoop jy kon 
rus. Ek is by my huis in Johannesburg - die lekkerste plek in die wêreld, 
veral weens Johannesburg se besondere aangename klimaat. Hierdie tyd van 
die jaar is dit besonders stil en geniet ek my tuin en die ryk voël-lewe.

12 Desember 08

Dankie aan almal wat vir my gelukwense met my verjaarsdag gestuur het. Ek waardeer julle belangstelling en goeie wense. Die jaar, 2008 het nou ook vir my tot 'n einde gekom, en ek sien uit daarna om 'n bietjie te rus en kreatief te wees met die ontwikkeling van my nuwe vertoning.

2008 was 'n goeie jaar, alhoewel dit vir my ook vermoeiend geraak het hier na die einde se kant toe. Ek is egter baie dankbaar vir die geleentheid om my hart veral met die vroue van Suid Afrika te kon deel, en vertrou dat dit 'n verskil maak.

Sonjare show

12 November 08
Before I end the year I will perform one last "Hits van die Sonjare show" for all those who have asked - on Saturday 6 December in Melville Johannesburg. With keyboard, I will perform some of my older songs, the ones I rarely perform these days.
I will also sing some of the old favourites like Skipskop, Jantjie, Harlekyn etc. - as well as songs from Reconstructing Alice and my latest album "She". . .

Welcome 1 November 08

Welcome to my new home on the world wide web.
I agree with Albertina Sisulu when she said: "all we can do - is walk our walk thru life - stop - assess what we have learned - and then share it with those that follow in out foorsteps - they must do with it what they will." And that is what sonjaherholdt.co.za is all about. . .

1 Oktober 2008

Ons is tans besig om www.sonjaherholdt.co.za te herontwerp en ek vertrou dat die veranderinge en nuwe funksionaliteit aanlyn sal wees teen die einde van Oktober. . .

16 Augustus 2008

Gedurende Julie en Augustus was ek betrokke by twee baie spesiale produksies. Ek was reeds vroeg in 2008 bespreek om by die advertensiebedryf se Loerie toekennings in Margate op te tree. . .

Nuwe DVD & CD

Die DVD-opname van my motiverings-program "'n Voetpad na Vrouwees" sowel as my nuutste CD "She" is nou eksklusief beskikbaar hier op www.sonjaherholdt.co.za.

Wegbreek 3 Maart 2008

Die eerste Incelebration naweek-wegbreek het plaasgevind die pas afgelope naweek. In my wildste drome het ek nie gedink dat dit so ‘n reuse sukses gaan wees nie. . .