Gedurende Julie en Augustus was ek betrokke by twee baie spesiale produksies. Ek was reeds vroeg in 2008 bespreek om by die advertensiebedryf se Loerie toekennings in Margate op te tree. Op Saterdagaand 26 Julie het ek die gedrukte media toekennings-aand afgesluit met my treffer liedjie "Ek verlang na Jou" herverwerk met 'n bietjie van 'n Hip-Hop aanslag. "Ek Verlang na Jou" was gekies om die 30 jaar van Naspers, die hoofborg van die aand, te vier.
Ek en die DJ, Reddy-D, het gekombineer met die liedjie, en hy het op van die koorgedeeltes sy "DJ scrach" gedoen. Daar was ook 'n groep Hip-Hop dansers op die verhoog wat die liedjie nog meer kleur gegee het. Op die reuse skerms orals op die verhoog was daar tydskrif en koerant voorblaaie van die laaste 30 jaar. "Ek verlang na jou" het dus 'n verrassende vars aanslag gehad, maar was ook baie nostalgies met die video beelde. Dit was vir my lekker om iets vars en nuut te doen sowel as om deel te kon wees van hierdie aand.
Op vrouedag 9 Aug het ek, Sarah Theron, On-Que en Karen Wessels as die grotvrou, ons "4 Haar" vrouedagproduksie in Pretoria aangebied. Elkeen van ons het vrouedag gevier vanuit ons onderskeie oogpunte.
Ek is baie trots op die produksie wat ons op die planke gebring het. Ek is bly dat dit so goed afgeloop het en dat dit so goed ontvang is. Dankie aan almal wat kom kyk het en wat deel was van die baie besonderse aand.
Oor nie baie lank nie, is dit amper lente. Lente is vir my altyd so 'n sterk simbool van 'n nuwe begin. Omdat ek gladnie 'n winters mens is nie, is die koms van die lente vir my altyd 'n goeie tyd. Dit is dalk waarom ek nou al hier praat van lente - tenminste een hele maand te vroeg.
Gedurende Mei-maand het ek in Stellenbosch in samewerking met "Life skills" 'n funksie aangebied. Ek sluit graag meer inligting en kontaknommers oor die werk wat hulle doen by hierdie skrywe in.
Groete
Sonja
"Life Skills Programme 2000 & Beyond has a Vision to provide training and skills development programmes in Values and Poverty Alleviation. This is based on a capacity building and values-driven framework, through various accredited service providers, working to prevent poverty and deviant behaviour such as crime and violence and risky behaviour such as substance abuse which can result in teenage pregnancies and contracting of HIV/AIDS and other STDs amongst the youth of South Africa.
Please contact Gys Liebenberg on 082 449 7497 or email to for further information regarding the Life Skills Programme 2000 & Beyond, section 21 company and it’s aims and also how you or your organization can become involved."