12 Desember 08

Dankie aan almal wat vir my gelukwense met my verjaarsdag gestuur het. Ek waardeer julle belangstelling en goeie wense. Die jaar, 2008 het nou ook vir my tot 'n einde gekom, en ek sien uit daarna om 'n bietjie te rus en kreatief te wees met die ontwikkeling van my nuwe vertoning.

2008 was 'n goeie jaar, alhoewel dit vir my ook vermoeiend geraak het hier na die einde se kant toe. Ek is egter baie dankbaar vir die geleentheid om my hart veral met die vroue van Suid Afrika te kon deel, en vertrou dat dit 'n verskil maak.

In reaksie op Jaygé se boodskap in my gasteboek die volgende.
Op geen stadium probeer ek om my "legacy" te misken en heg ek ook groot waarde aan die liedjies wat ek in die 70's en 80's opgeneem het. Ek besef dat dit nostalgies vir baie mense is en dat die herinneringe wat die liedjies opdiep baie kosbaar is. Dit is egter net logies dat ek in die 34 jaar, sedert "Ek verlang na jou" in 1975 bekendgeword het, as persoon ontwikkel en gegroei het.

Ek is baie bly dat Jaygé my weer herontdek het en nou verstaan waar ek vandag is en dat hy waardeer dit wat ek doen.
Dit is vir my baie interessant as mense van die "ou" Sonja praat, daardie "sweet" naiewe dogtertjie. Nou ja, ek is vandag 56 en nie meer 23 nie, en ja dit was 'n stowwerige lang pad tot hier, maar dit het my baie geleer, en ek het so baie om te sê, vir die wat belangstel om te luister.

Ek het juis Saterdagaand 6de Desember met my vertoning in Melville weer bietjie die ou herinneringe opgediep en was bly dat daar so baie vriende, wat deur die jare my ondersteun, in die gehoor was. Annora wat my met drie items op klawers begelei het was vir my 'n kreatiewe uitlaatklep en baie spesiaal. Die vertoning was my kersgeskenk aan almal wat die aand daar was.

Die liedjie "die mense wat ek liefhet" wat ek in 1978 opgeneem het en ook by die Melville vertoning gesing het, bly nog seker een van my gunstelinge, want soos ek in my Voetpad na vrouwees program sê - "shared happiness brings meaning to life"

Vir die wat gaan vakanise hou, geniet dit, ry veilig, en lekker rus.....

Geseënde Kersfees en ek glo dat die nuwe jaar vir ons net die beste gaan inhou.

"Tough times never last - but tough people do" het iemand gesê- en ek stem saam!!

Liefde
Sonja

Comments

KERSFEES WENSE

Liewe Sonja,

Ek wil net vir jou en jou kinders 'n wonderlike Kersfees toewens en mag 2009 jou wildste drome oortref.
Mag die Here jou seen met goeie gesondheid en 'n voller program as ooit.
Dankie vir al die goeie wense en dat jy altyd daar was vir my.

Liefde
Thelma Nel
XX

Jou bydrae

Hi Sonja

Ek kan jou verseker dat jy op die regte pad is en die bydrae was jy huidiglik lewer met jou musiek en vertonings aan veral vroue, meer van 'n inspirasie dien vir ander - as wat jy ooit mag besef. uitgedra Ek is bly dit was 'n goeie jaar vir jou - rus lekker uit - jy verdien dit !!

Wouter (Kaapstad)