Guestbook

You are welcome to leave a comment in my guestbook.

Wanganui

Ons wil baie graag he jy moet vir NZ se suid-Afrikaners in Wanganui kom sing!

Rene

Hi Sons jinne weet jy hoe lank wag ek al vir jou om terug te wees by skouspel dit gaan awesome wees ek se soos Hugo dit is fantastiese nuus ai ek verlang so na jou you go girl wys almal jy kan en is nog die beste ooit
tonne liefde
Rene

Hugo

Hi Sonja - Sien op "Gebeure" dat jy vanjaar by Huisgenoot Skouspel is- fantastiese nuus! Dit is darem waaragtig hoogtyd. Ek - saam met baie ander is al uitgehonger vir meer nuus!! Wanneer word "Liefling" vrygestel en is jy tevrede met die verkope/terugvoering van Pêrels? As mens darem jou jongste musiek videos moet vergelyk met wat tans op die mark is; moet ek darem erken - jy doen dinge darem maar net altyd op die regte manier en is jare vooruit!! Ander SA kunstenaars kan gerus by jou kom leer!
Groete & liefde
Wouter/Kaapstad

Jolanda

Hi daar
Dankie Sonja vir die nuwe cd, dis pragtig. Ek is mal oor die liedjie Ons vlieg saam.
Jy en Simeon sing pragtig saam. Ek het vir myself en ma & pa elk een gekoop. Ek
kan net nie genoeg kry van die song nie. Kyk dit graag op You Tube maar ek hoop
jy maak gou n dvd met musiek vidios op. Ek sal rakke leeg koop en vir my vriende & familie gee.
Simeon moet ook n cd maak, hy sing nie net om sing sing is nie. Dit kom so uit die hart. Ekt jou dogter ook gesien op Glitterati; maar jyt mooi kinders. In elk geval Sonja dankie vir die jare se pragtige musiek.
DANKIE & TONNE LIEFDE VIR JULLE
JOLANDA

phylaw

Sonja,

Ek wil jou graag geluk wens met nuwe cd: Perels - wat 'n CD!!
die liedjie 'soen my vandag" is op 'repeat' in my motor se mp3-player -
hierdie is my 1ste sonja cd en ek hoop dat dit nie die laaste sal wees nie -

dit was SO 'n verrassing my man het my meer as 1keer gevra of ek seker is dis Sonja daai !!!! -
alles in 'n goeie lig -

sterkte vorentoe en mag daar nog baie kom waar die een vandaan kom

groete
phyllis

Wilna

Hiert! Daai video van Soen my vandag is soooo getrou aan die veerligte liedjie - mens wil net huppel, trippel en dans.

Dankie!

Spokie

Sonja ek wil net vir jou sê jou nuwe cd pêrels is absoluut fantasties. Ek was so opgewonde toe ek die 2de cd luister en terselfde tyd so emosioneel omdat my kinderdae weer lewe gekry het toe ek dit luister. Dis liedjies wat ek mee groot geword het en 'n mens is mos geneig om altyd aan jou kinderdae te wil vasklou. Voorspoed met al jou nuwe projekte ek hoop dis die begin van groot dinge.
Amanda

hugofourie3668

Sonja, jy is die BESTE ding wat gebeur het in Afrikaanse musiek. Jou wonderlike stem en musiek loop ek mee al saam sedert ek 3 JAAR oud is!! Ek kon "Ëk verlang na jou" uit my kop sing toe ek 3 was!! Baie dankie en ek wens jou alle voorspoed!! Hugo

Annatjie von Molendorff

You have a message......

Ons dink jy het die beste "message tone" ooit!!!

Baie dankie vir die heerlike kuier hier by Amabutho Lodge in Dundee.
Dit was 'n voorreg om julle te ontmoet.

Sunelle en Lindi kan nie uitgepraat raak oor die "cool" tannie Sonja nie.
(Lindi is net spyt sy was nie hier om vir julle 'n vuurdans met haar "fire-poi's" op te voer nie.)
Wie weet, dalk sien ons jul gou weer hier in die platteland.

Sterkte en voorspoed met jou optredes en bly net soos jy is, jy is 'n pragtige mensie!

Liefde
Danie, Annatjie, Sunelle en Lindi von Molendorff

Wilna

Hi Sonja
Dis 'n groot voorreg om jou optredes te kan bywoon. Het nog elke keer iets nuut daaruit gekry!
Die video (op You Tube) saam met Simeon is pragtig.
Mag jy nog lank skyn en sonlig in ons lewens bring.

Hugo

Liefste Sonja

Ek sien in die nuutste Keur is 'n baie goeie resensie oor jou CD "Pêrels" deur CJ de Swardt. Wel gedaan! Dieselfde word egter nou nie van Glynnis Lynn se hertoetrede (resensie op dieselfde blad) gesê nie.

Groete
Wouter/Kaapstad

Yolande

Sonja, ek het jou cd van Pêrels gekry vir Moedersdag en sedertdien luister ek dit byna elke dag. Ek ken al elke liedjie se woorde. Die twee treffers is vir my Pêrels en jou liedjie saam met jou seun. Daar is darem geen band soos dié tussen ma en kind nie. Die video is ook puik. Ek wil weet waar ek die twee musiekvideo's te koop kan kry. Gaan dit dalk later op 'n DVD beskikbaar wees, veral die een van Pêrels. EK is regtig mal daaroor - een van die mooiste musiekvideos wat ek in 'n lang tyd gesien het. Hou so aan! Jy is puik.
Yolande

Wilma

Die nuwe cd Pêrels is 'n treffer en dankie vir die bonus cd met die ou oorspronklike treffers. Jy was nog al die jare my heldin. Mag die cd net van beter na beste gaan mt die verkope. Hou so aan. Baie dankie

Magdaleen

Sonja, ek is vandat ek 'n klein dogtertjie was absoluut mal oor jou musiek. Jou nuwe CD "Pêrels" vat my aan my hart wanneer ek daarna luister. Dit is ongelooflik mooi. Jy moet asb. vir ons nog nuwe liedjies opneem. Jy het 'n fantastiese talent om jou musiek met soveel emosie te sing. Dit is voorwaar vir my 'n voorreg om jou nuwe CD te kan luister. Groete Magda Fourie (Ermelo)

Hugo

Sonja

Geluk met die baie besonderse musiek video van jou en Simeon - "Vlieg saam". Ek is werklik beindruk met die finale produk en dit vat aan mens se Hart. Dit is voorwaar die beste Afrikaanse song wat nog deur ma en seun gedoen is en die eenvoud en sensitiwiteit van hoe die musiekvido saamgestel, gaan menige Afrikaner harte aanraak.

Bravo!

Groete
Wouter

thelma nel

Liewe Sonja,
Jy is so besig soos 'n miertjie. Jy was omtrent all over. Ek wil net van my kant af vir jou en Simeon geluk wens met die DVD en as ek sien wat se goeie terugvoer jy kry van Perels het ek geen twyfel dat hierdie een ook 'n sukses sal wees. Good for you Simeon. Lekker blootstelling. Ek kan nie wag om die DVD te sien nie. Hoop dit gaan goed met jou en dat jy lekker sal rus hierdie maand. Ek sien in ons koerant (Die Laevelder) - se INNIBOS PROGRAM dat jy die Sondag met die LEGENDE konsert gaan optree, maar ek sien nie dat jy op jou program hier iets noem daarvan nie. Weet ek iets wat jy nie weet nie? Sommer net 'n grappie maar ek hoop werklik jy sal hier wees. Wil jou so graag weer sien en al ander keer is in Oktober wanneer jy Nelspruit toe kom. Nou-ja nogmaals trots op jou en jy is 'n inspirasie vir elke vrou in Suid-Afrika en veral vir my. Liefde Thelma - Nelspruit

michelle

Hi Sonja
Jy was die naweek hier in Richardsbaai. Voorwaar een van die bester vertonnings wat ek nog gesien het. Jy is waarlik n' groot inspirasie vir elke vrou. Wil jou net sterkte toewens vir die toekoms en mag jy altyd so n' mooi mens bly soos jy is
Groete
Michelle Hibbert

Rene

Hallo Sons ai ek het jou gemis maar daar sal weer tyd wees om mekaar te sien ja more is my verjaardag en ek wens ek kon die tyd terug draai ja 58 and going strong jou perels dvd is stunning asook jou cd gaan dit beslis kry
groete Rene

Ronel Bester

Liewe Sonja
Het jou Hartklop van Vrouwees Saterdag bygewoon in Alberton en wil weereens vir jou Dankie sê vir wat jy vir ons vroue doen, veral diè wat nog stukkend is. Glo hul kan die lig in die tonnel sien na wat jy met ons gedeel het. Dankie vir die mooi wat jy in my CD's geskryf het, nèt wat ek nodig gehad het en gaan dit veilig bewaar. Veral Dankie dat jy Juf Maryna opgedra het, dit was Baie spesiaal.
Hou aan met jou goeie werk jy is So Geseënd.
Liefde Ronèl

Hugo

Hi Sonja

Ek is seker dat boodskappe soos die van Juanita Buys maak die pad wat jy huidiglik loop, oor en oor die moeite werd! Jy is so 'n inspirasie!

Wouter
xx