You are welcome to leave a comment in my guestbook.
elladorah
Thu, 12/08/2011 - 21:09
Weet jy, ek het grootgeword met jou musiek. Ek was egter seker bietjie te klein om die rolprente te sien. Ek is besig om jou boek te lees en my hart breek as ek sien hoeveel seer en vrae jy gehad het. Ek sou dit nooit kon dink nie, want jy glimlag altyd. Ek onthou vir Winkelpoppe, dit het iewers op die televisie gespeel(ek was toe ouer) en ek het nogal geskrik en gedink: "oukei, weird, maar wow what a transformation, wat 'n ander deel van jou". Met die grootword jare was ek nogal verlief op Simion...hehehe! Hy was dan so oulik en is seker steeds. Ek het nog nie die boek klaar gelees nie, maar ek is so bly dat my hand spontaan kon uitgaan en jou boek uithaal van die rak van die biblioteek. Ek is nie getroud nie, ek het nie kinders nie, ek is 26, maar voel by tye asof ek regtig verstaan. Jou vrae, jou hunkering, jou onsekerheid. (Dr Venter beter nie van my familie wees nie, want ek is ook Venter) Dit vra hierbo:"teken gerus my gasteboek". Maar ek wil op jou hartsboek teken en 'n hartjie maak vir al die eina's wat jy oorwin het.
Sterkte met al die dinge!
Elmari
Hugo
Thu, 12/01/2011 - 15:18
'n Wonderlike verjaarsdag word jou toegewens vandag. Jy is en bly 'n inspirasie vir menige!!
Die boodskap is spesiaal vir jou:
"What lies behind us and what lies before us;are tiny matters compared to what lies within us"
Ralph Waldo Emerson
Groete
Wouter Hugo
Hannelie Horn
Thu, 12/01/2011 - 14:15
Liewe Sonja
Baie baie geluk met jou verjaardag. Mag God jou vandag uit jou sokkies seën omdat jy so 'n wonderlike mens is! Alle voorspoed en geluk op jou pad vorentoe word jou toegewens. Ons is baie lief vir jou.
Groete Hannelie Horn - Worcester
Raymond Harry
Thu, 12/01/2011 - 09:23
Dear Sonja
Congratulations on your birthday, may you have many more happy birthdays. I look forward to your next visit to East London and to purcasing a copy of Harlekyn.
You may get older but you will never age.
Your fan
Raymond
coenie1
Fri, 11/18/2011 - 11:37
Hi Sons, weet jy al iets van Sing vir die Harlekyn se DVD?
Lekker naweek.
Coenie
xxx
Comment by Webmaster Weet nognie, maar sal laat weet.
ben.lottering@chubb.co.za
Tue, 11/01/2011 - 16:12
Beste Sonja & Mike - Baie dankie weereens vir julle teenwoordigheid op ons troue 22 Oktober 2011. Dit was werklik vir ons n amazing ondervinding, en sal die oomblik vir altyd koester in ons harte. Baie dankie vir die feit dat julle twee die prentjie vir ons so mooi ingekleur het op ons troue. Al die gaste praat nogsteeds van die troue, en natuurlik Sonja Herholdt. Baie dankie, God se rykste seën word julle toegewens!
Desireé Roux Olivier
Sat, 10/29/2011 - 13:28
Hi Sonja,
Dankie vir gisteraand se motiverings geselsie oor die vrou. Dit het 'n hernude saadjie van opwinding geplant binne my. Dis ongelooflik hoe Jesus se "timing" altyd net perfek is vir wanneer jy nodig het om weer pitkos vir die gees te kry.....Deur na jou storie/lewensvervaring te luister het ek weereens besef daar is nie 'n pad wat ons stap sonder Jesus wat elke tree saam stap al verdwaal ons soms nie, en dat daar ander vroue is wat ook deur dieselfde uitdagings blootgestel word. Dit was heerlik om jou te ontmoet, jy is werklik 'n mense mensie. Liefdegroete, D
SUSAN6
Sat, 10/29/2011 - 12:18
Hi Sonja
My naam is Susan, 43 jaar oud, en van kleins af het jy vir my die mooiste soetste stem gehad. Ek het die eer gehad om jou gisteraand 28 Oktober 2011 by Voorbrand te ontmoet, en een van my drome het waar geword. Jy is vir my nog net so pragtig soos altyd. Gisteraand se boodskap wat jy gebring het, het vir my baie beteken en dit was so van toepassing in my eie lewe. Baie kere keer gaan daar soveel van mens se jare verlore voordat jy jouself regtig vind en besef dat jy ook waarde in die lewe het. Ek het jare die fout gemaak om altyd ander mene te "please" anders voel ek nie goed genoeg nie. Ek ken die Here ook my hele lewe lank, maar het eers verlede jaar deur middel van 'n kamp vir vroue my Jesus regtig gevind en besef ek kon al die dinge wat pla lankal al vir Hom gegee het. Dankie vir die pragtige mens wat jy is en jy het regtig 'n groot indruk gemaak, jy is net soos ek my van kleins af voorgestel het. Ek het altyd na jou verwys as die feetjie vrou, want jy is so pragtig. Hou aan met wat jy doen want jy is regtig 'n geskenk van bo. Groete en baie liefde in Jesus. Susan da Silva
Ansie Potgieter
Thu, 10/06/2011 - 14:20
Hi Sonja,
Ek is 36j vrou van pretoria, ek kanie glo nou op my ouderdom kan ek nou uiteindelik kontak met jou he nie.
vandat ek maar nog op laerskool was, wou ek nog altyd jy gewees het en ek wou ook sing omdat ek geglo het ek kan soos jy wees, hahahaha maar nou ja ek het tou nou nie n sangeres geword nie maar tot op die dag is ek nog net so mal oor jou soos jare trug, en kan jy glo ek het tot dat my ma my hare
(wat daardie tyd tot op my boude gehang het)sny in die styl wat joune was, ek wou soos jy lyk maak nie saak wat ek moes doen nie.
ek hoop jy sal vir my n briefie trug skryf, dit sou so nice wees om vir my kids te wys dat jy vi my geskryf het.
groete en dankie Ansie Potgieter
Linda Fouche
Sat, 10/01/2011 - 09:13
Sonja,
Wanneer kom jou kinder CD uit? Ek sien so uit na dit. Jy is 'n inspirasie vir my/
Lekker dag!
Linda
mpienaar
Tue, 09/20/2011 - 15:53
Hallo Sonja!
Sien so uit na jou shows hier in die mooiste Kaap weer! Ons sien jou op Stellenbosch en by die Boer in Durbanville! Reis veilig! MARTIN.
Hugo
Tue, 08/30/2011 - 12:56
Hi Sonja; ek volg jou loopbaan nou al vir jare en jy is net eenvoudig alle kunstenaars jare vooruit. Van waar jy was tot waar jy nou is, is dit net ongelooflik hoe jy altyd die leiding neem. Van jou treffers; tot Sing vir die Harlekyn (fliek wat die rasse kwessie teen daardie tyd al goed aangeraak het) tot Reconstructing Alice tot Meisie van Nigel en nou jou inspirasie vertonings vir vroue. Vreemd dat as jy iets nuuts begin dat almal jou dit navolg. Jy is en bly die beste van die bestes!!!
Hugo
Veronica Roets
Sun, 08/28/2011 - 15:23
Sonja ek wil net vir jou dankie se vir die inspirasie wat jy is, nag God nou net na hoer hoogtes toe neem.
Nina Pretorius
Fri, 08/26/2011 - 08:38
Liewe Sonja,
Ek het sopas jou biografie klaar gelees!!! Mensig ek moet sê, die boek het my gebind, ek kon hom eenvoudig nie neersit nie!! Jy is al omtrend deur die was! 'n paar keer, en elke keer staan jy net weer op. Dit gaan my definitief in die toekoms help, want daar is baie dae wat ek net in die bed wil bly met my kop toe, dat ek nie kans sien vir alles nie. Jou boek het my geleer dat ons vrouens gee nie op nie, maak nie saak hoe moeilik dit soms is nie. En vir dit wil ek jou bedank. Jy is pragtig en 'n ware pêrel.
Baie dankie
Nina
Hantie
Sat, 08/20/2011 - 20:46
Hallo Sonja
Ek en 'n vriendin het met baie trane en lekker lag, jou inspirasie praatjie baie geniet hier in Kemptonpark by die NG kerk Hoogland. Ek sien jou as 'n perfeksionis wat regtig moeite doen met jou vertonings en nog meer moeite doen om die hart van 'n vrou te raak. Die mooiste deel van die vertoning was toe jy jou "outfit" gedra het oor borskanker en ons laat lag het, maar nog meer toe twee baie ou tannetjies voor in die ry my aandag getrek het. Hulle het so lekker gelag en gedeel aan alle opwinding, ek dink hulle is vandag met ou liggame daar weg,maar met nuwe gees en vrouwees. Dit was wonderlik om te sien hoe hulle straal. Ek glo Jesus het vir elke vrou 'n plekkie in die samelewing en na jou motivering vandag weet ek dat Jesus in elke vrou se hart ook is, ons hoef net te glo en vertrou ons is spesiaal vir hom. Dankie vir jou omgee en geloof in ons as vroue.
Groete
Hantie
isabelcoetzee
Sun, 08/14/2011 - 15:32
Middag Sonja baie dankie vir jou wonderlike praatjie wat jy gelewer het by die funskie van die Suid Afrikaanse Vroue Federasie te Kasteel Elsburg op die 13de Augustus 2011. Ek is ook werksaam by die Savf in Vanderbijlpark. Dit is so wonderlik om te weet daar is iemand soos jy wat ons weer die motivering kan gee om vrou te kan wees. Ons verloor onsself so met die tyd en voel dan nutteloos. Met die Krag van Ons Groot Vader en 'n wonderlike persoon soos jy kan en wil ons net weer opstaan en aangaan met die lewe.
Nogmaals dankie
Net die mooiste en beste word jou toegewens .
Groete
Isabel Coetzee
SAVF Vanderbijlpark
Gerhardt
Fri, 08/12/2011 - 13:11
Hi Sonja,
Ek het ook Pasella gekyk en dit baie geniet om weer iets van jou te sien en hoor.
Ek is seker jou nommer een bewonderaar en ons is in die selfde jaar gebore
Baie groete en voorspoed aan jou en jou familie.
Gerhardt du Preez.
Hugo
Thu, 08/11/2011 - 13:08
Hi Sonja
Het die insetsel oor Pasella rakende jou loopbaan en boek sommer baie geniet! Ook baie bly Harlekyn is nou uit op DVD.
Jy bly die "darling" van Afrikaanse musiek!
Groete
Hugo
jaco viviers
Fri, 08/05/2011 - 14:57
Liefste Sonja
Ek hoop ons sal jou weer hierdie jaar by Skouspel in Sun City sien , dit sal regtig lekker wees !
Mooi bly ;-)
Baie Liefde
Jaco xxx
Esme
Thu, 07/07/2011 - 12:10
Middag Sonja,
Het die artikel in Die Burger gelees oor die Het Gesticht Kerkie in die Paarl wat jy help red. Wil net se dankie. Daardie kerkie beteken vir my en my man verskriklik baie, want ons is 7 jaar terug in hom getroud. Dit is soos jy se daardie plek het net 'n ongelooflike atmosfeer en geskiedenis. Meeste van ons troufoto's is ook daar geneem. Weereens dankie en alles wat mooi is vir jou. Groete Esme