The Heartbeat of Womanhood

Being a mother, raising a handicaped child and running her own business Sonja Herholdt understands the many challenges today's women face.

Because of this Sonja is currently presenting her music-motivational programme "The Heartbeat of womanhood" to inspire and motivate women all over South Africa to be all that they can be.

This highly entertaining programme is filled with music and truths from Sonja's own life's experience.

During the 60 min bilingual programme Sonja touches on various topics like:

How to reconstruct on the inside.

Self esteem - your fundamental power.

Courage.

Learn to hear and trust your inner voice.

Tips and techniques on how to regain emotional energy.

This programme is packed with Hope, Heart and Humour, and presented in a sincere and honest way making a valuable contribution to the life of every women in the audience.

Download iconDownload an Pdf brochure - here. (241kb)

 

Hartklop van vrouwees logoDownload the logo - here.  (278kb)

Media photo thumbnail Download a media-photo - here. (488kb / 333 x 500 pix)

Comments

VREDENDAL OPTREDE

Hallo Sonja

Ek & my vriendin was die skaam dametjies wat eers moed bymekaar moes skraap om jou vir 'n drukkie te vra. Ek is deur e-mail gevra om hierop kommentaar te lewer. Toe ek 'n klein dogtertjie van 6-7 jaar was, het jy in Mafikeng kom sing. Ek onthou jou plakkate in die vensters en my Pa wat mal oor jou en Carike Keuzenkamp was. Een van die min goeie herinneringe aan my pa. So het ek deur die jare met jou musiek grootgeword en media berigte oor jou gevolg. Ek het jou man verfoei oor wat hy jou aangedoen het en oor sy kind by die ander vrou. Ek klou nog vas aan my idee van getrou bly aan 1 persoon. Met Reconstructuing Alice en jou neusring het ek gewonder sjoe wat gaan aan.

Wel, met jou vertoning in Vredendal het ek 'n heel ander idee van jou gekry. Die warmte, menslikheid en Christenskap straal uit jou. Ek sal enige een aanbeveel om jou "shows" by te woon. Die hele aanbieding van jou spreek tot mens. Jy praat die waarheid, laat mens lag op 'n skoon manier en Karen Zoid kan by jou kan leer van 'n rock chick. I will survive is vir my baie mooi en ek sal nou altyd aan jou dink as ek dit hoor. Ek dink jy kan trots wees op die mens wat jy vandag is, want om 21 jaar in 'n liefdelose huwelik te kon bly, sjoe dis erg.

Ek glo elke vrou is 'n spesiale mens en verdien om so behandel te word. Die lewe het my ook al baie klappe uitgedeel en ek dink ek verstaan van die dinge wat jy vertel en in jou boek beskryf. Alle dank aan Liewe Jesus dat ek nie so 'n man soos joune gekry het nie. Ek het 'n baie goeie man, maar selfs in gelukkige huwelike kan mens soms alleen voel. Ek het moeilike kinderjare gehad, is emosioneel mishandel en het my ma op vroeëre ouderdom verloor. Na my pa se dood het ek agtergekom dat hy al die jare vir my gelieg het, want my ma is toe nie dood nie. Ek het haar weer ontmoet, maar ons is soos vreemdelinge.

Ek kan die Here net dank dat Hy al die jare by my was en dat ek nie op verkeerde paaie afgedraai het nie. Ek dink dis waarom jou boek so tot mens spreek. Slegs 'n dooie emosiolose mens sal nie deur jou praatjie en boek geraak word nie. Gaan voort met jou goeie werk.

Judith

Boodskap van Steph soos in die gasteboek

Hi tannie Sonja
Baie dankie dat God jou kan gebruik om sy liefde aan aner mense te wys! Dankie ook vir die besoek hier in Vryheid waar jy my ma voorentoe geroep het en haar weer so positief laat voel het. Ek bid elke aand vir haar en ek glo God sal haar lewe gebruik tot eer van sy naam soos Hy alreeds doen en aan haar volle vrede besorg! Sy was naby opgee n week vroer en die reuse hupstoot weet ek het haar nuwe krag gegee! As dinge so erg raak voel mens dat God nie meer omgee nie ... maar die dat sy gesien het ander gee om het weer lig in haar oe` gesit.
Wil net se dankie vir tanie se bediening...en hoop ons sien mekaar weer hier op aarde of aners dan defnitief in die Hemel! 1 Corinthians 13:13 And now these 3 remain: faith, hope, and love. But the greatest of these is love. v8 Love never fails!...Tara

Jou Hartklop na vrouwees program

Liewe Sonja
Ek het Saterdagoggend jou Hartklop na vrouwees program in Krugersdorp bygewoon. Ek wil net vir jou sê WOW!!
Dit was so ongelooflik. Dit het gevoel asof jy net met my gepraat het. Die liedjies wat jy gesing het was so mooi en ek was so bly dat jy Jantjie gesing het.
Hou asb so aan, die vroue van Suid Afrika het nodig om jou boodskap van hoop en inspirasie te hoor.

Al my liefde
Belinda

Dankie

Hi da Sonja

Ek het gisteraand die voorreg gehad om jou show in Barberton by te woon. Ek dink jy sal my dalk onthou. Ek was die een wat voor gesit het en gereeld die kamera in jou gesig geflits het en ook teen die einde die groepfoto geneem het van al die dames saam met jou wat 'n cd ontvang het.

Ek wil net baie dankie sê. Dit was 'n wonderlike show en al het ek omtrent die hele tyd sit en tjank glo ek dit was geneestrane. Jy het so baie gesê waarmee ek kon identifiseer en die rou seer het net eenvoudig oorgeloop. Ek weet ek het nog 'n lang padjie om te loop maar die roof is af en ek sal hopelik die seer kan gesond maak.

Dankie vir jou omgee en deel. Daar is soveel vroue wat rondloop met seer en ons is BAIE goed met wegsteek.

Sterkte met jou verdere shows. Ek weet dit was suksesvol en sal steeds vorentoe ook wees. Ek is die redakteur van ons lokale koerant en om die berig oor jou te skryf gaan heerlik wees.

Groetnis
Lynette

Om te gee en om te deel

Ja Sons ek het deur n hel van depressie gegaan 3 jaar terug ,vir 5 jaar moes ek met my kop hoog loop jy was altyd daar as ek wou gesels met foon oproepe en emails het jy my opgebeur terwyl jyself deur n egskeiding gegaan het as ek moet terug dink aan die show op ysterplaat wat ek gehou het was my lewe nog in stukkies wat ek weer moes optel. Jy was al die jare maar my hero as ek dit so kan stel ek was jou skaduwee. Dankie dat jy altyd opbeurdende woorde en onbaat sugtige liefde uitgedeel het, so het jou kinders ook voor my groot geword. Ja soms het ons saam deur moeilike tye gegaan, mekaar opgebeur as dit op die foon was of by jou shows. Verhale van vrouwees luister ek gereeld en help ander daardeur te luister.
Liefde groete
Rene xxxxxx