Gewoonlik as ek 'n program aanbied is ek 'n paar uur voor die tyd by die lokaal omdat dit 'n hele rukkie neem om die tegniese infrakstruktuur reg te kry sodat ek my beste kan lewer.
Terwyl ons besig was het 'n dame haar tafel gedek vir die geleentheid. Die vrou het my opgeval as sterk en in beheer, en dat sy presies weet wat sy wil hê. . Ek vind toe uit dat sy die dame is vir wie ek erkenning gaan gee - en toe verstaan ek....
Sy is 'n fenominale vrou en sy het 'n verhaal wat sy self gaan vertel omdat ek gedink het sy sal dit die heel beste kan vertel. So hier is haar storie.