Hellen Keller het gesê: "dat die beste en die mooiste dinge in die lewe nie gesien en gehoor kan word nie, maar dit moet met die hart ervaar word."
Hierdie woorde laat my dink aan Susan Matthee. Susan is besig om haar visie heeltemal te verloor, maar tenspyte van haar omstandighede is daar ‘n lig in haar oë en straal daar ‘n positiwiteit uit haar hele wese.
Sy is vir my ‘n inspirasie en ek glo vir baie ander ook.
Liewe Susan, dankie vir die voorreg om aan jou die erkenning te kon gee tydens my program in Oos Londen. Susan vertel self haar aangrypende verhaal, met sulke mooi beelde.