Hierdie besonderse vrou met haar mooi blou oë - was gelukkig getroud met drie pragtige blonde krulkop-kinders - en toe gebeur die lewe met haar. Haar middelste dogtertjie Liesel kry op die ouderdom van vier - "krabbe-sindroom" - 'n toestand wat die witsof van die brein vernietig. . .
Hierdie besondere 36-jarige vrou het in 1998 in 'n motorongeluk tussen Ladismith en Riversdal baie seergekry. Weens ernstige beserings is sy 'n kwadrupleeg en woon tans in Huis Wallace Anderson op Riversdal. . .
Annatjie was vir 17 jaar getroud met n man wat aan erge depressie gely het. Sy en haar enigste seun het heeltyd in angs geleef omdat hulle vermoed het dat hy homself dalk een of ander tyd skade gaan aandoen. . .
Sy bly op die plaas van Hendrik en Noeleen Putter naby Jansenville in die Oos-Kaap. Dit is vir my 'n voorreg om vir haar erkenning te gee omdat sy so selfloos besluit het dat haar taak is om haar moeder - Griet, op te pas en te versorg.
Mary-Ann is die eienaar van Smiley Kids Sunward Park aan die Oos Rand. Sy het twintig personeellede en een honderd en veertig kinders onder haar sorg - wat wissel van babas tot kleuters en naskoolkinders. Wat 'n onderneming om te bestuur!
Op skool het sy op sportgebied uitgeblink en na skool het sy by die Nasionale Intelligensiediens aangesluit. Sy het regoor die wêreld gewerk. Sy het getrou en was dolgelukkig, maar skaars 'n jaar later het haar man tragies dood verongeluk. . .
Elke keer wanneer ek aan haar storie dink, besef ek watter inspirasie sy vir my is - indien ek ooit moeg en moedeloos oor my vraagstukke in die lewe is, dien Rozanne as genoegsame motivering om als weer aan te durf!
Hierdie fenominale dame is gestremd gebore met ‘n verwronge rug. ‘n Sogenaamde "Harrington rod" is in haar rug geplaas op 6 jarige ouderdom om haar rug weer reguit te trek. . .