Ek het die voorreg gehad om Wanda te ontmoet en vir haar erkenning te kon gee, tydens my musiekmotiveringsprogram in Lydenburg. Wanda het in 1995 gematrikuleer aan Hoƫrskool Lydenburg en in 1998 is sy getroud en drie kinders word uit die huwelik gebore.
In 2006 verander die gesin se lewe drasties toe haar man met kanker gediagnoseer word. Wanda deins nie terug van hierdie moeilike omstandighede nie en neem leiding in die gesin, terwyl sy haar man versorg.
Wanda besef dat sy moontik in die toekoms die broodwinner gaan moet wees en besluit om by UNISA in te skryf en haar in die onderwys te bekwaam. Ten spyte van haar moeilike omstandighede slaag sy al haar vakke. Haar man sterf in 2008 na 'n baie lang siekbed waarin sy hom bygestaan het.
As enkelma van drie kinders, is dit nie maklik nie, maar Wanda kom op 'n dinamiese manier al haar verantwoordelikhede na. Dit gaan goed met die kinders en Wanda is altyd daar vir hulle. Wanda werk tans as administratiewe dame by die skool tot dat sy haar onderwyskwalifikasie behaal het.
Wanda, baie sterke met die res van jou studies en dankie vir die voorbeeld wat jy leef.
Jou verhaal getuig van uithou en aanhou. . .Jy is vir my 'n groot inspirasie.