Vicki Veiga

Wat kan ek sê van hierdie vrou..... Toe ek haar ontmoet het die aand in Malalane, toe besef ek dat sy het 'n deursettingsvermoë, 'n "tenasity" en 'n uithouvermoë, wat verstommend is.

Haar positiwiteit en vriendelikheid is aansteeklik - maar hier is haar storie.

Sy het haar eie tuindienste en is getroud, maar finansieël is dit maar 'n oorlewing vir hulle as 'n gesin. Sy het twee seuntjies waarvan een 'n gehoorprobleem het. Sy self, vertel sy my, is doof in die een oor.

Woensdag 28 Mei 2008 het sy vir iemand 'n guns gedoen en vir hulle honde gaan kos gee. Die drie honde het haar geken maar iets moes hulle ontstel het en dit het in 'n fiasko ontaard en hulle het haar wreed aangeval en haar van kop tot tone verskeur. Haar seuntjie wat in die bakkie vir haar gewag het, het sy ma hoor skreeu en op haar afgekom en hulp ontbied.Tans word hy nog sielkundig behandel om die trauma van sy ma te verwerk.
Met 'n gesukkel het sy by die hospitaal uitgekom en was vir 13 ure in die teater en 10 weke in die hospitaal. Die hospitaalkostes is hoog en dit is 'n finansiële uitdaging om dit te betaal. Sy het 85 steke in haar gesig gehad, 25 steke op haar kop en 200 steke inwendig. Sy het wonderbaarlik herstel maar het nog lelike merke oorgehou op haar arms en bene en in haar gesig.
Maar ek moet sê dat haar persoonlikheid veroorsaak dat jy nie sommer die merke in haar gesig raaksien nie.

Vir haar kom al die lof en die eer aan die Here toe en sy het oorleef en is dankbaar dat sy vandag nog leef!
Sy is sowaar 'n "survivor" Dankie Vicki vir jou inspirasie wat jy vir ons leef.