Vera Moir

Hierdie mooi vrou - Vera - was 'n baie suksesvolle vrou in besigheid en het 'n mannekynskool bestuur en was baie betrokke by die reëlings van die Mej SA- kompetisies. Maar toe het die lewe met haar gebeur en sy het baie siek geword en kanker gekry - maar dit oorwin. Op haar siekbed het sy werklik 'n ingryping van die Here beleef en aan Hom 'n belofte gemaak dat sy sal doen wat Hy van haar vra. Sy het die suksesvolle sekuriteit van haar beroepslewe wat besig was om sy pond vleis te eis - verruil vir die vertroue en geloof in die feit dat die Here haar sal genees en sal versorg en vir haar sal sorg. Dit was 'n stap in die geloof en vir haar baie moeilik op daardie stadium. Nadat sy haar kanker oorwin het - het sy in 2006 as Mev SA-Finalis - die toekenning ontvang vir die beste gasspreker. Tans is sy met haar oorlewingsboodskap besig om mense te motiveer as spreker.
Sy self vertrou die Here nog vir haar gesondheid omdat sy nog baie gesondheidsprobleme moet oorwin. Sy versorg ook 'n pleegseuntjie wat kanker het.
Haar positiwiteit en innemende geaardheid is haar sterkte en dra haar elke keer deur. Sy is by verskillende organisasies betrokke - oa die Kankervereniging.

Sy het herstelwerk gedoen aan die Dorothy Broster Kinderhuis, help by die Werkswinkel vir Gestremdes, en is tans weekliks betrokke by liefdadigheid in George. Sy hou gereeld fondsinsamelings vir welsynsorganisasies in Knysna.

As jy hierdie pragtige vrou met die lig in haar mooi oë raaksien - sien jy 'n "survivor"- en iemand wat die lewe net nie omgeslaan kry nie - omdat sy die wil en die "guts" het om elke keer op te staan.

Vera - dankie vir jou voorbeeld as besondere vrou. Jy is 'n rolmodel en dankie vir dit wat jy doen en vir die mens wie jy is.....