'n Mens kan net hierdie besondere vrou eer vir die ongelooflike manier waarop sy haar gesondheidsterugslae van dag tot dag hanteer. Sy lyk asof sy uit 'n modetydskrif kan stap. Jy sou nooit kon raai dat sy op aanbeveling van spesialiste, altwee haar borste moes laat verwyder nie. Beide haar ma en haar suster het hulle stryd teen borskanker verloor. Een van die inplantings wat sy na die operasie ontvang het, het groot probleme veroorsaak en sy was onlangs baie siek. Maar jy sal haar nie eers een keer hoor kla nie en sy bly eenvoudig altyd positief oor die Lewe! Susan jy is vir ons almal só 'n voorbeeld!