Surika Pretorius

Waar begin ek? My naam is surika pretorius en ek is nou 32 jaar oud.
Aan die begin van 2006 het ek erge hoofpyne ontwikkel. Dit het gevoel of my hare seer is wanneer my moeder my fisies oor my kop gestreel het. Die here was my genadig.
Ek kan niks van die hoofpyne onthou nie en ongelukkig kan ek van meer as 2 maande niks onthou nie. Ek kon ook nie praat in die tyd nie.
Teen die tyd wat ek weer my spraak herwin het, was my eerste woorde aan my man: ''ek is lief vir jou!''.
Nadat ek in standerton se staatshospitaal vir 2 weke behandel was vir breinvliesontsteking, is ek na pretoria-oos hospitaal toe gehaas.
Na toetse is bevestig daar is vog op my brein wat drukking veroorsaak het.na amper r10 000.00 se bloedtoetse, kon hulle nog steeds geen oorsaak vind vir die vog op my brein nie.
Na n 4 ure lange operasie het die spesialiste n dreineringspypie (shunt) in my kop geplaas wat die vog na my blaas toe sou dreineer.
As gevolg van die operasie het ek spasmas in my linker hand en linker heup gekry.
Tydens al die breinskanderings het die dokters ook ontdek dat my kleinbrein le te diep in my nek.
Dit moes ook met n operasie van ongeveer 4ure weer in posisie geplaas word wat my balans aangetas het.
Ek het die ventilator twee keer uit my keel uitgetrek.wat my stembande seergemaak het en my spraak aangetas het.
Op 1april 2006 is ek ontslaan - ek het toe 35kg geweeg.
Ek kon niks vir myself doen nie - mense moes my help loop het en ek moes gevoer word soos 'n baba.
My wonderlike man het my doeke vir 'n maand geruil en my kateter twee maal op 'n dag reinig.
Ek kon nie eers my kop oplig nie. Ek was so maer dat 'n kotmatras in die bad geplaas moes word.
My 2 seuntjies nog baie klein en nie selfversorgend nie - die jongste van 'n jaar en 8 maande.
Rita -die dame wat my later begin oppas het sodat my man weer kon begin werk het - het alles vir my in die huis gedoen. Sy het mei maand my begin oppas maar moes weens 'n ernstige beroerte op die jong ouderdom van 36 my verlaat.
Ek moes begin leer om alles self te doen. Kinders gereed kry vir skool, beddens opmaak, huis opruim, skottelgoed en wasgoed was en koskook. - ek moes dit net leer doen.........
Ek kry nou elke woensdag fisio, om veral my balans te oefen en te versterk.
Dit het al baie verbeter en ek moet ook elke dag self oefen.
Dit sal maartmaand 2009 al 3 jaar wees sedert my siekte.
Ek gaan elke dag aan - en ek sal nie gaan le nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Baie dankie vir die geleentheid dat ek 'n deel van my lewe met iemand so spesiaal soos jy kon deel.
Tussen al die trane en seerkry deur - fisies en emosioneel - dra die here my.
Dankie aan my wonderlke man - my kinders - my ouers - en my vriende.
Met liefde:
surika.