Sandy Lindeque

Ek het die voorreg gehad om hierdie besondere vrou in die Kaap te ontmoet nadat ek haar Pa - Len Lindeque - die tekenkunstenaar geken het wat spotprentjies van my in die koerant geteken het. Sandy was op die ouderdom van 19 jaar in 'n motorongeluk en het die gebruik van haar bene verloor.

 Na baie operasies en fisiese en emosionele ontwrigting is sy is al 25 jaar in 'n rolstoel. Sy moes na die ongeluk weer leer skryf - en skilder self ook. Sy bestuur haar eie motor en het haar eie besigheid wat sy bedryf. Sy bedien en help mense wat ondersteuing nodig het. Haar totale vertroue is op die Here vir haar bestaan en sy is 'n pragtige jong vrou en het 'n "selfwaarde" wat mens aanvoel as jy in haar oë kyk.

Elke dag vind sy die motivering in haarself om positief te bly want dit bly 'n keuse. Sy is vir my 'n voorbeeld. Dankie Sandy.