Hierdie besondere vrou - Rosa Viljoen -, het besluit dat ten spyte van die trauma en pyn in haar lewe sal sy opstaan en die Here vertrou vir ‘n wonderwerk. Haar seun is ‘n jaar terug gemolesteer en haar man het kort daarna selfmoord gepleeg. Sy het ook ‘n dogtertjie van drie jaar. Die Here het ‘n wonderwerk gedoen want ‘n polis betaal gewoonlik nie uit as dit selfmoord is nie , maar haar polis het wel uitbetaal - en dit het ongelooflike verligting gebring vir haar. Die Here het haar met soveel vrede en liefde geseen en die genesende proses in haar lewe vir haar te voltooi. Dankie Rosa vir jou voorbeeld van menswees wat ons almal en vir my so ‘n inspiraie is.