Hierdie besondere vrou is spreekwoordelik van "the unsung hero - who never gets recognized for the daily heroics ofher life". Net in die stilligheid gaan sy aan en doen wat van haar verwag word sonder om te kla oor swaar tye of om hulp te vra. Na haar egskeiding het sy alleen al die verantwoordelikheid gedra van 4 kinders wat sy versorg het.
Haar probleme het sy self deurgeworstel en dit oorkom. Vandag is haar kinders almal suksesvol en is ‘n hegte gesin omdat sy die voorbeeld geleef het. Toe haar twee seuns in hulle huis aangehou is met gewere in ‘n rooftog, het hulle saamgestaan en die flenters opgetel en aangegaan. Rina Oosthuizen is ‘n klein vroutjie - dinamiet kom in klein boksies - ‘n diamantvrou wat altyd die ekstra myl loop.
Sy het ‘n energie om haar wat mense positief beinvloed - haar humor en vriendelike geaardheid trek almal na haar toe aan. Ek het dit beleef toe ek haar ontmoet het.