Pikkie Haasbroek

Pikkie Haasbroek & Sonja Herholdt


In Januarie 2004 verander hierdie besondere vrou se lewe ingrypend.
Na 'n huwelik van 27 jaar wat maar ook traumaties was, kry haar man beroerte en laat hom verlam en hy verloor sy vermoë om te praat. Hulle verloor hulle eiendomme en besittings en hele lewenstyl. . .

Pikkie begin hom versorg te midde van 'n voltydse werk, omdat sy nou eintlik die broodwinner is. Die aanpassing vir beide was uiters traumaties.

Voor sy in die oggend werk toe ry, help sy hom stort en maak hom gereed vir die dag omdat sy in sy totale behoeftes moet voorsien. Sy pak kos vir die dag reg en kry haarself reg om werk toe te gaan en 'n voldag se werk te doen. Jy kan die mooi vrou deur 'n ring trek.
Na werk arriveer sy tuis en dan begin die ritueel weer van voor af.
Boonop help sy hom met soveel liefde om weer woordeskat te leer. Sy het al in die 4 jaar lyste woorde getik wat sy hom mee help sodat hy nuwe woorde kan leer.

Sy's 'n klein vroutjie, maar dinamiet is in haar pype. Sy tel hom op en sit hom in die bed. As hulle vir die kinders gaan kuier tel sy hom uit die swembad uit.
Sy laai hom in en uit die rolstoel - en in en uit die motor - meestal alleen.
Sy is nie verbitterd nie, kla nooit nie en gaan eenvoudig net aan en doen wat sy moet doen met 'n humorsin wat almal om haar opbeur.
As iets nie na haar sin is nie, lag sy net harder en "mope" nie daaroor nie.

Ek glo as daar een vrou is wat hemelse perspektief het, is dit Pikkie.
Wat haar motiveer om aan te gaan sal net sy self weet.
Maar dat mens haar kan bewonder is verseker. As sy kan kan enige iemand anders ..........
Pikkie dankie vir jou inspirasie en voorbeeld vir ons almal.