Sy is 'n ma van vyf - en haar jongste, Jayden - is 'n jaar gelede met beenmurgkanker gediagnoseer, wat nou na sy brein versprei het. Hulle mediese fonds is uitgeput en haar man werkloos; sy is alleen-broodwinner. Jayden het vir sy ma 'n CD opgeneem wat deur die "reach for a dream" foundation moontlik gemaak is; sy droom is dat wanneer hy nie meer daar is nie, sy altyd sal weet hy is lief vir haar. Die album bestaan uit liedjies wat hy van hou en een liedjie wat hy op sy eie unieke manier vir sy ma sing. Die opbrengste van die CD word aangewend vir sy behandeling en hulle skenk ook 'n gedeelte aan CHOC. Jayson en sy mamma is 'n inspirasie om te sien en te ken.